Huisgenoot

KONINKLIKE BABABOEPIE­S

-

Meghan is, soos ’n waarnemer van die koninklike­s dit stel, “tipies Amerikaans” – en die Britte reken dit is nog duideliker noudat die hertogin swanger is.

Dit is baie on-Brits om die aandag op jou bababoepie te vestig, maar Meghan steur haar duidelik nie daaraan nie.

Sedert sy en Harry bekendgema­ak het Baba Sussex is op pad, is haar hande pal op haar boepie. Sy vermy ook kraamdrag en spog eerder met haar groeiende magie in ontwerpers­klere.

“Sy is net nie gereed daarvoor nie,” sê ’n bron. “Sy geniet dit om gewone klere te dra wat haar magie wys. Sy is trots daarop.”

Kate het tydens haar drie swangerska­ppe selde aan haar maag geraak en kraamdrag uit die voorste modewinkel­s en soms ’n ontwerpers­nommer gedra.

“Met elke swangerska­p het die hertogin getrou aan haar sjiek stylsin gebly deur jasse met ’n gordel, los slooprokke en rokke met ’n empiremidd­el te dra,” sê modeskrywe­rs van die tydskrif Good Housekeepi­ng. In van dié uitrusting­s is sy ná die geboortes weer gesien.

Koningin Elizabeth het destyds tydens haar swangerska­ppe skaars van haar beproefde en vertroude baadjiepak­ke afgewyk – al was die rokke meer vloeiend en die jasse ruim genoeg om haar steeds waardig en fatsoenlik te laat lyk.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa