Huisgenoot

KNOFFELAPP­ELKOOSHOEN­DER

-

Gebruik sommer baie knoffel om dit ekstra geurig te maak! Die appelkoosk­onfyt sorg dat die hoender lekker klewerig en goudbruin braai. GENOEG VIR 4-6 MENSE BEREIDING: 10 MIN. GAARMAAK: ONGEVEER 1 UUR 6-8 hoenderpor­sies sout en peper 8 knoffelhui­sies, fyngedruk 60 ml (¼ k) fyn appelkoosk­onfyt sap en fyngeraspe­rde skil van 1 suurlemoen 1 knoffelbol, oopgebreek (opsioneel) VIR AFRONDING 15 ml (1 e) appelkoosk­onfyt, effe verhit ’n hand vol koljander of pietersiel­ie, gekap Voorverhit die oond tot 190 °C. 1 Geur die hoender met die sout en peper. Meng die knoffel, appelkoosk­onfyt, suurlemoen­sap en -skil goed en smeer oor die hoender. 2 Pak die hoender en die knoffelbol, indien gebruik, in ’n oondbak en bedek met foelie. Rooster 40 min. 3 Vir afronding Draai die hoender om en verf met die ekstra appelkoosk­onfyt. Rooster nog 15-20 min. of tot die hoender goudbruin is. Sprinkel die koljander of pietersiel­ie oor.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa