KNOFFELBROOD

Huisgenoot - - Kos - 1 Braai die spek in (Blaai om)

Knoffelbrood is ’n ou guns­te­ling by ’n braai. Ons wys jou hoe om tuis jou eie knof­fel­brood­jies te maak wat jy selfs kan v­ries en op die braai of in die oond kan gaarmaak wan­neer die vuur­tjie reg is vir braai. GE­NOEG VIR 8 MEN­SE (LE­WER 4 GROOT ROLLETJIES OF 1 LANG BAGUETTE) BEREIDING: 15 MIN. GAARMAAK: BOTTER: 10 MIN. BROODJIES: 15 MIN. BOTTER 100 g spek, fyn­ge­kap 125 g botter, teen ka­mer­tem­pe­ra­tuur 8 knof­fel­hui­sies, fyn­ge­druk 60 ml (¼ k) elk ge­kap­te gras­uie en pie­ter­sie­lie BROODJIES 4 pa­ni­ni- of ci­a­bat­ta­rol­le­tjies of 1 lang Fran­se brood 200 g moz­za­rel­la­kaas, ge­ras­per Voor­ver­hit die oond tot 190 °C.

Botter

’n pan tot bros – hou e­ni­ge o­ri­ge vet in die pan een­kant; moe­nie weg­gooi nie. Laat af­koel. Meng die spek (en die vet) goed met die res van die be­stand­de­le.

Sny ke­pe bo­op die rolletjies of Fran­se brood. Smeer die botter ruim­skoots in die ke­pe. S­top die ke­pe met moz­za­rel­la­kaas. Pak die broodjies op ’n bak­plaat en roos­ter 15 min. of tot die kaas ge­smelt is.

Broodjies

Draai die broodjies goed toe in foe­lie; draai dan toe in kleef­plas­tiek. V­ries tot no­dig. Haal 2 uur voor braai­tyd uit en maak gaar oor die ko­le. (Haal die kleef­plas­tiek af, maar hou die foe­lie aan.)

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.