Huisgenoot

GEROOSTERD­E KNOFFELBAB­AGANOESJ

-

Rooster ’n knoffelbol heel in die oond om hierdie smeersel heerlik ryk en geurig te maak. GENOEG VIR 4-6 MENSE BEREIDING: 15 MIN. GAARMAAKTY­D: 45 MIN. BABAGANOUS­H 4 eiervrugte 1 heel knoffelbol 30 ml (2 e) natuurlike volroomjog­urt 15 ml (1 e) olyfolie 15 ml (1 e) sesamsaadj­ies, in die pan gerooster ’n hand vol pietersiel­ie, gekap sap van 1 suurlemoen sout, na smaak VIR VOORSIT

ekstra olyfolie, vir drup seesout bruschetta

Voorverhit die oond tot 190 °C. Bespuit ’n bakplaat met kossproei.

1 Babaganoes­j Plaas die eiervrugte op die bakplaat. Draai die knoffel in foelie toe en sit dit by die eiervrugte. Rooster 45 min. of tot die eiervrugte sag is en die velletjies effe geskroei. Haal uit die oond uit en laat afkoel. 2 Sny die eiervrugte oop en skep die vleis uit in die bak van ’n voedselver­werker. Maak die knoffel oop en druk die vleis uit die huisies – dit sal sag wees – en sit ook in die bak van die voedselver­werker. Voeg die jogurt en olyfolie by. 3 Pols die mengsel tot fyn en voeg die sesamsaadj­ies, pietersiel­ie en sap by. Pols tot gemeng en geur met sout.

4 Vir voorsit Skep die babaganoes­j in ’n bak en drup die olyfolie oor. Besprinkel met nog seesout indien verkies en sit voor saam met die bruschetta.

 ??  ?? Die smeersel hou tot ’n week lank in die yskas.
Die smeersel hou tot ’n week lank in die yskas.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa