Huisgenoot

DRIE SOORTE VETTE

-

Versadigde vette is die sogenaamde wit vet wat veral in rooivleis of onder die vel van hoender voorkom. Groot hoeveelhed­e hiervan moet liefs vermy word. Hoewel klapperoli­e ook ’n versadigde vet is, is dit die uitsonderi­ng, want dit het ’n unieke molekulêre struktuur wat help om liggaamsve­t te verbrand en cholestero­l te verlaag.

Onversadig­de vette bestaan uit mono-onversadig­de en poli-onversadig­de vette en hulle is grotendeel­s ons goeie vette, want dit bevat baie omega-3-vetsure wat help om die onnodige lus na kos te beheer. Dit sluit in avokado’s, neute, sade, olierige vis en olyfolie. Neute verlaag die risiko vir hartvatsie­ktes en help om cholestero­l te verlaag. Dit bevat ook heelwat proteïen.

Transvette is die vette wat jy veral moet vermy. Hulle word meestal kunsmatig vervaardig. Dit word veral in geprosesse­erde kos gebruik omdat dit so goedkoop is om te vervaardig. Dit sluit margarien in en kom ook voor in fabrieksve­rvaardigde koekies, koeke, pasteie en tjips. Dit word meestal gelys as gehidrogen­eerde vet.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa