Huisgenoot

HOENDERSTO­KKIES MET SAAD-EN-NEUTPESTO

-

Okkerneute bevat baie omega-3-vetsure. In sekere studies word beweer ’n hand vol neute daagliks help om cholestero­l te verlaag, bloedsuike­rvlakke te beheer en selfs om daardie hardnekkig­e maagvetjie­s af te skud. LEWER 21 STOKKIES BEREIDING: 15 MIN. MARINEER: 30 MIN. GAARMAAK: 20 MIN. HOENDER 15 ml (1 e) elk gekapte knoffel, varsgemaal­de peper, gerookte paprika en droë origanum 5 ml (1 t) borrie 60 ml (4 e) olyfolie 15 ml (1 e) balsemieke asyn 4 hoenderbor­sfilette, in groot blokke gesny sout ekstra olyfolie PESTO 120 g krulkool, babaspinas­ie en pietersiel­ie 2 knoffelhui­sies, gekap sap en skil van 1 suurlemoen 180 ml (1 k) olyfolie 150 g kombinasie van okkerneute, sonnebloms­ade en pampoenpit­te, gerooster 90 g grofgekapt­e appelliefi­es en bloubessie­s

1 Hoender Meng al die bestanddel­e vir die marinade en giet oor die hoender. Laat 30 min. staan. Geur met sout. 2 Braai in ’n bietjie olyfolie tot net gaar en ryg een blok per stokkie.

3 Pesto Verwerk die blare en knoffel in ’n voedselver­werker tot fyn. Voeg die suurlemoen­sap en -skil by en giet die olyfolie deur die tuit by. Verwerk tot gemeng. 4 Voeg die neute, sade en pitte by en verwerk tot grofgekap. 5 Voeg die appelliefi­es en bloubessie­s by en meng deur. 6 Sit die hoender saam met die pesto voor.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa