VER­SKIL­LEN­DE SOORTE HEU­NING

Huisgenoot - - Raad -

Koek­heu­ning word reg­streeks uit die korf ge­haal en be­hou in die vorm waar­in die bye dit maak en berg.

Vloei­ba­re heu­ning is die al­ge­meen­ste vorm wat ver­koop word en die een wat die al­ge­meen­ste ge­bruik word. Dit word uit die korf ont­trek deur die was­de­klae te sny en die koe­ke in ’n heu­ning­pers te ver­werk.

Kor­rel­heu­ning is ’n ver­poei­er­de vorm van heu­ning. Dit word ge­maak deur heu­ning uit te droog of te be­vries ten einde die wa- ter te ont­trek. Die kor­rels word dan in ’n fyn poei­er ge­maal wat in tee, kos­me­tiek­wa­re en ander pro­duk­te ge­bruik word.

Ver­room­de heu­ning is ’n meng­sel van kor­rel­heu­ning en vloei­ba­re heu­ning wat teen ’n spe­si­fie­ke tem­pe­ra­tuur ge­berg word tot dit ferm word. Dit word so ver­werk so­dat dit mak­li­ker smeer.

S­tuk­heu­ning is koek­heu­ning wat in ’n fles ge­bê­re word met vloei­ba­re heu­ning daar­oor ge­giet.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.