Huisgenoot

GROENOOGMO­NSTER PLA HAAR MAN

-

My man sê ek is besitlik en klouerig.

Ek is twee keer geskei. Albei mans het my verkul. My man is ook geskei.

Ek is nie ’n jaloerse mens nie, maar ek glo net daar is dinge wat ’n mens nie in verhouding­s doen nie.

Hy het verskeie WhatsAppma­ats, kry een vriendin gereeld te sien en sê nooit hy is lief vir my nie.

Ons het nie saam kinders nie, maar is wel albei ouers van volwassene­s.

Hy koop gereeld vir my goeie geskenke en werk mooi met my kinders.

Ons werk saam en bring baie tyd saam by die werk deur.

L op B

As ’n mens nie jou behoeftes en begeertes in ’n verhouding ken en uitdruk nie, word jy ál meer onseker. Selfs die slimste man kan nie gedagtes lees nie, al is sy vrou ’n oop boek. Jy gaan dit in woorde moet uitdruk.

Baie hang af van hoe jy dit aanpak. As jy hom blameer en byvoordeel­d sê: “Jy luister nooit na my nie” of aanvallend is (“Jy’t al weer . . .”), gaan dit nie help om jul verhouding inniger te maak nie.

As jy minder konsentree­r op dinge wat jy meen wys hy’s nie lief vir jou nie en eerder let op die maniere waarop hy wel sy liefde vir jou wys deur byvoorbeel­d vir jou geskenke te koop, sal jy meer vertroue in jul verhouding stel en minder geneig wees om aan onnodige jaloesie toe te gee.

Moenie alles wat hy sê of doen, veral by die werk, persoonlik opneem nie. Vermy dit ook om jou verhouding met hom die een faktor in jou lewe te maak waarom alles draai.

Gun hom en ook jouself tyd om saam met vriende deur te bring wie se geselskap jy geniet en wat jou selfvertro­ue kan versterk.

‘Wees altyd so eerlik moontlik met jou kinders’ – ELIZE

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa