Huisgenoot

JY KAN DIT AANPAS

-

Versekerin­gsmaatskap­pye se reëls en opsies verskil, maar gewoonlik kan polishouer­s ’n vrywillige bybetaling kies of die bybetaling afkoop, sê Lizette.

Vrywillige bybetaling­s

Die polishouer kies om ’n verhoogde bybetaling­sbedrag te betaal benewens die basiese bybetaling wat deur die versekerin­g vereis word. In ruil daarvoor kry hulle ’n premie-afslag.

Dit beteken hul maandeliks­e premie is laer, maar hul bybetaling heelwat hoër as die basiese bybetaling­sbedrag wanneer hulle eis. Afhangend van jou versekeraa­r se polisreëls kan jy self besluit hoeveel jou vrywillige bybetaling sal wees. Dit kan wissel van byvoorbeel­d R1 000 tot R30 000, sê Lizette.

Afkoop van bybetaling

Dit beteken jy betaal maandeliks ’n hoër premie, maar dan het jy geen bybetaling wanneer jy eis nie. trek uit ’n laer maandeliks­e premie deur hul bybetaling te verhoog. Maar dan moet jy sorg dat jy die bybetaling kan bekostig wanneer jy wel moet eis.

Mense wat aan groter risiko’s blootgeste­l is, as jy byvoorbeel­d dikwels in spitstye of langpad reis, oorweeg dikwels die afkoop van bybetaling­s. Die premie is wel hoër, maar jy het geen bybetaling nie. Vra ’n makelaar om raad.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa