Huisgenoot

KAN JY DIE BYBETALING TERUGEIS?

-

As jy die onskuldige party in ’n botsing was en jy dien jou eis in, sal jou versekeraa­r nadat die eis afgehandel is die skade se koste van die derde party (skuldige party) verhaal.

As dié verhaling suksesvol is en jy wel ’n bybetaling betaal het, sal jou versekeraa­r dit aan jou terugbetaa­l, sê Lizette. Dus moet jy soveel moontlik inligting van ’n derde party kry wanneer jy in ’n ongeluk is. Die kans is dan beter dat die eis vinnig en suksesvol verwerk word.

Sy beveel aan dat jy foto’s neem van die voertuig se lisensie, registrasi­enommer, die ongeluksto­neel en die derde party se rybewys. Ander inligting soos sy kontakbeso­nderhede en versekerin­g is ook nodig.

Dit is nie altyd moontlik vir versekeraa­rs om die koste te verhaal as die ander voertuig nie verseker is nie. Dan is die kans goed dat die polishouer nie die bybetaling terugkry nie, selfs al is die ongeluk nie sy skuld nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa