Huisgenoot

BASIESE BYBETALING­S

-

Eise het gewoonlik ’n basiese bybetaling­sbedrag. Dit word in ’n mens se polisskedu­le uiteengesi­t.

Dis belangrik dat polishouer­s dit verstaan om onwelkome verrassing­s met eise te voorkom, sê Lizette Erasmus van IntegriSur­e.

Basiese bybetaling­s werk byvoorbeel­d so:

Gestel jou basiese bybetaling is R5 000. As jy ’n goedgekeur­de eis van R50 000 het, sal jy die R5 000 bybetaal en die versekeraa­r sal R45 000 betaal.

Maar as die herstelkos­te aan jou motor minder as R5 000 (by- voorbeeld R3 000) is, sal jy die volle bedrag (R3 000) betaal.

As jy onseker is oor hoeveel jou bybetaling is, bel jou makelaar of die versekerin­gsmaatskap­py en vra tot jy seker is jy verstaan presies wat dit behels.

Dit is immers jy wat die betaling moet doen.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa