Huisgenoot

SUPERVINNI­GE INTERNET

-

Navorsers aan die RMIT-universite­it in Australië het ’n deurbraak gemaak wat internetsp­oed 100 keer so vinnig as nou kan laat word.

Huidige veseloptik­a vervoer inliging op ligpulse deur optiese vesels. Maar die Australies­e navorsers het ontdek die spoed kan radikaal verhoog word deur die lig in ’n spiraaltra­nsmissie te draai.

Die span werk nou aan ’n skyfie wat data wat met dié metode oorgedra word, kan bespeur en ontsyfer. Dit behoort dit maklik te maak om bestaande netwerke aan te pas.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa