Huisgenoot

ROBOTTE WAT DEUR JOU OOGBAL REIS

-

’n Gesamentli­ke Chinees-Duitse navorsings­pan het piepklein spiraalvor­mige robotte geskep wat in die oogbal ingespuit word om medisyne toe te dien.

Die navorsers het die mikro-robotte met nanoskaal-3D-drukwerk geskep, ’n tegniek wat items vervaardig wat 200 keer so klein is as die breedte van ’n menshaar. Hulle het dit toe in die oë van dooie varke ingespuit en magneties beheer.

Kenners meen dit is moontlik die toekoms van ooggeneesk­unde – veral met die behandelin­g van siektes soos gloukoom. Daarmee kan oogdruppel­s 10 keer so vinnig toegedien word en dis veel akkurater. Die navorsers berei nou voor om die robotte op lewende diere te toets voor hulle dit op mense doen.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa