Huisgenoot

DIE WODAABE-STAM, TSJAD

-

Die opgesmukte lede van die Wodaabe-stam is vol lewe. Die mans pleks van vroue dra grimering en neem aan ’n oordadige hofmaakfee­s deel. Hulle doen ’n paringsdan­s in die hoop om ’n vrou se hart te wen en daar word ’n hele week lank gedans, geparadeer en sommer net in die algemeen gepronk.

Die vroue in die stam is taamlik bevry, want voor hulle trou, kan hulle seks hê met wie hulle wil en hulle kan ook verskeie eggenote hê.

Daar is tans ’n geskatte 160 000 tot 200 000 Wodaabe in Afrika.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa