90 JAAR VAN KUIFIE-PLESIER
Die kranige joernalis met sy weglêkuif en bekkige brakkie bekoor ons nou al amper ’n eeu lank
BILJOENE bibberende bloublasies! Kan dit waar wees?
Dit voel soos gister ter dat ’n wonderseun-joernalis rnalis die wêreld met sy eerste te groot scoop verstom het t – en i in die proses sommer ook ’n baasskurk vasgetrek het. Dit was ’n volle 90 jaar gelede, maar steeds gryp hy met sy avonture die verbeelding van kinders aan.
Ja, ons praat van die waaghalskaraktertjie Tintin – oftewel Kuifie, soos hy in Afrikaans heet. Al het sy skepper, die Belgiese koerantfotograaf met die skuilnaam Hergé, sowat drie dekades gelede die laaste Kuifie-avontuur die lig laat sien, leef hy voort in die harte van kinders van oor die hele wêreld. En natuurlik ook op die winkelrakke . . .
Die Kuifieboeke, oorspronklik in Frans, is al in 70 tale uitgegee. Meer as 200 miljoen eksemplare is al verkoop en die boeke oor sy reise is steeds in aanvraag. Daar was ook nog uitlopers soos TVprogramme, verhoogproduksies, videospeletjies en verskeie flieks.
Vir die geharde aanhangers is daar Kuifie-speelgoed, klere, linne, plakkate en skryfbehoeftes.
Hoekom is Kuifie so ’n ongelooflike suksesverhaal?
“Hergé was die eerste kunstenaar wat die strokiesbedryf soos ’n behoorlike kunsvorm benader het,” sê die BBCskrywer William Cook.
“Voor hom het geen strokieskunstenaar sulke komplekse karakters geskep nie. Geen strokieskunstenaar het soveel aandag aan elke raampie gegee nie.” Kom ons lig ’n glasie op Kuifie se besonderse mylpaal – en kyk na dié wonderkind wat met sy opgerolde truimoutjies en geliefde brakkie op sy hakke die verbeelding van miljoene mense aangegryp en ’n leeslus gekweek het van Beijing tot op Badplaas.
DIE AVONTUUR BEGIN
Dit was 1928 toe Georges Remi, die fotograaf en strokieskunstenaar wat later roem sou verwerf as Hergé, aangestel is as redakteur van ’n Belgiese koerant se nuwe jeugbylae, Le Petit Vingtième (Die Klein Twintigste).
Hergé het voorheen al ’ n strokiesverhaal getiteld Die Avonture van Totor vir ’n Belgiese Padvinderkoerantjie geskep. Maar sy nuwe pos het aan hom die perfekte platform besorg vir ’n splinternuwe karakter.
“Ek het ’n nuwe held begin teken, en binne vyf minute het die idee van Tintin en sy avonture by my posgevat,” het wyle Hergé eenkeer onthul.
So het dit gekom dat Kuifie toe op 10 Januarie 1929 sy eerste avontuur aanpak in Die Land van die Sowjets. Kort voor lank sou 24 strokiesboeke uit Hergé se pen vloei.
KUIFIE VEROWER DIE WÊRELD
Aanvanklik het strokiesreekse oor Kuifie se avonture in eksotiese lande soos die Kongo, Egipte, Indië en China verskyn in Le Petit Vingtième en later ook die koerant Le Soir (Die Aand).
Hergé se werk is toe deur die Belgiese uitgewersmaatskappy Casterman raakgesien. Dié het voorgestel die reeks word saamgevat in ’n boek genaamd Die Avonture van Kuifie. Hergé het dadelik ingestem.
Die boek het soos soetkoek verkoop. In 1936 is begin met die vervaardiging van Kuifie-handelsartikels, en binne vyf jaar was twee Kuifie-toneelstukke in Brussel op die planke.
Toe volg Le Journal de Tintin, “’n tyd-
skrif vir jongmense jong mense van 7 van tot 77”. Die eerste uitgawe was op 26 September 1946 op die rakke, en binne 12 jaar was die verkope sowat ’n miljoen per maand. Maar Hergé het gefrustreerd geraak onder die duim van kommersiële uitgewers. Hy het personeel by die Kuifie-tydskrif afgerokkel en in 1950 Studio Hergé begin.
Met kunstenaars, ’n kleurmenger en illustreerder wat sy styl kon naboots, het Hergé ’n eenmanbedryf in ’n spanpoging omskep.
Die biograaf Harry Thompson vertel Kuifie is toe op ’n behoorlike produksielyn geskep. “Die kunswerk is van mens tot mens aangestuur, elkeen met ’n eie rol, soos ’n orkes met Hergé as dirigent.”
Maar in 1983 is Hergé, toe 76 jaar oud, oorlede. Drie jaar later is die Kuifie-tydskrif gestaak.
DIE WONDERSEUN SE BONDGENOTE Spokie
Al is hy doodbang vir spinnekoppe, is die sneeuwit klein terriër ’n grommende tier wanneer sy mensevriend bedreig word. Spokie kom dikwels tot Kuifie se redding – dis nou as sy aandag nie afgelei word deur ’n sappige been of ’n sluk van sy geliefkoosde Skotse whisky nie.
Kaptein Sardijn
Lesers ontmoet die heethoofdige skeepskaptein in Die Krap met die Goue Knypers (1941). Daarin word hy as ’n swak alkoholis uitgebeeld. Maar Kaptein Sardijn word Kuifie se beste vriend. Sy kleurryke vloektaal – soos “biljoene bibberende bloublasies” – word een van die hoogtepunte van die strokie.
Professor Fosfatus
Fosfatus is die erg verstrooide en halfdowe fisikus met wie lesers kennisgemaak het in Die Skat van Rackham die Rooie (1943). Hy is gewoonlik saggeaard en waardig, maar kan sy humeur op ’n skrikwekkende wyse verloor – veral wanneer Kaptein Sardijn sy werk kleineer of hom daarvan beskuldig dat hy “hom soos ’n bok gedra”.
Uys en Buys
Die ploeterende speurders sorg vir baie snaakse oomblikke in die reeks. Hulle lyk soos ’n identiese tweeling met hul identiese snorre en kleredrag, en selfs hul vanne (Dupond en Dupont in Frans; Thomson en Thompson in Engels) is soortgelyk, maar hulle is nie familie nie. Albei is lomp en deur die weer, maar nogtans word moeilike sendings gedurig aan hulle toevertrou.
KUIFIE OP DIE OUDERDOM VAN 90
Die Hergéstigting, wat in 1987 begin is deur sy weduwee, Fanny Rodwell (nou 84), waak streng oor Hergé se werk. Dit bestuur sy boedel, die amptelike Kuifiewebtuiste en die Hergémuseum.
Kuifie se jongste verskyning was in 2011 in die fliek The Adventures of Tintin. Steven Spielberg het die regie behartig en Peter Jackson was die vervaardiger.
Die vollengtefliek, met Jamie Bell as die stem van Kuifie, het die Golden Globe vir beste animasierolprent gewen.
KUIFIE ONDER SKOOT T
Die karakter en sy avonture onture het ook omstredenheid veroorsaak. ak.
In 2007 het ’n Kongolese aktivis, Bienvenu Mbutu Mondondo, probeer om die boek Kuifie in die Kongo van die rakke te laat verwyder. Hy het aangevoer dit blaas rassehaat aan weens die stereotipering van etniese Kongolese. In die boek raak Kuifie slaags met diamantsmokkelaars, grootwildjagters en wilde diere.
’n Belgiese hof het Bienvenu se aansoek verwerp. “Dis duidelik dat die storie nie ten doel het om ’n intimiderende, vyandige, verlagende of vernederende omgewing te skep nie,” het die hof bevind.
KUIFIE OP ’N DRAFSTAP
Die inspirasie agter Kuifie was Hergé se vorige karakter, Totor. Hy het Kuifie as Totor se “jonger broer” beskryf.
Kuifie was oorspronklik ’n soort kryger teen sosialisme, wat destyds groot byval gevind het in Europa. Hergé wou Kuifie glo op sy eerste avontuur na Amerika stuur, maar sy redakteur het opdrag gegee dat hy na die Sowjetunie gaan om die bose kommuniste aan te vat in Die Land van die Sowjets.
Kuifie uifie se debuut was die eerste keer dat praatborrels in ’n Belgiese e strokie gebruik is.