Huisgenoot

LIEFDE BLOM VIR KATIE EN JAMIE

- gp

HOEWEL hulle nooit amptelik bevestig het hulle is ’n paartjie nie, pla dit Katie Holmes en Jamie Foxx ál minder wie hulle saam sien. Hul jongste openbare liefkosery is gekiek tydens ’n romantiese vakansie aan boord van ’n seiljag in Miami. Volgens ’n bron het die twee op die dek uitgehang en gesels, drankies geniet en na musiek geluister. “Hulle het een oggend alleen op een van die dekke ontbyt geniet en het deur die hele ete geglimlag en gelag,” vertel ’n omstander en voeg by Katie (40) het selfs vir haar 51-jarige kêrel ’n privaat dansie gedoen.

“Hul verhouding lyk vanjaar soveel ernstiger,” vertel ’n bron. “Katie en Jamie het gedurig afsprake in die openbaar, en hoewel hulle probeer om nie saam afgeneem te word nie, is hulle nie meer so begaan daaroor om hul verhouding privaat te hou nie.”

 ??  ?? Deur LINDSAY DE FREITAS Skud jou biscuit!
Deur LINDSAY DE FREITAS Skud jou biscuit!
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa