Huisgenoot

Afhanklik van ’n man? Watwou! Dié leser se lewe is vol sonder ’n eggenoot

-

wou nooit jonk in die eg tree nie. My plan was om teen 32 te trou, op 35 minstens al ’n kind te hê en teen 40 my eie huis te besit.

Aangesien ek ’n pateetmagn­eet is, het die trouding nooit gebeur nie. Ek kon nie verstaan hoe van my vriende al met hul tweede maat op trou staan en ek nog nie eens een gehad nie.

Op 32 koop ek toe my eie huis om aan myself te bewys ek het nie ’n man nodig om dié soort ding te kan doen nie.

Ek is van die oortuiging dat wanneer een droom nie uitwerk soos jy gedink het nie, jy ’n nuwe droom moet kry. Jy bewys aan niemand, insluitend jouself, ’n guns deur in sak en as te sit nie.

Toe, sowat ’n jaar gelede, het ek amper al my besittings verkoop, my middeljare­krisis en die res van my lewe opgepak en die vreemde ingevaar.

Viëtnam het my ’n goeie pak slae gegee. Ek het tawwe tye deurgemaak.

Ek het alles met ’ n kopskud en ’n laguitbars­ting deurgesien. Net die verlange na my honde het vir baie aan-dieslaap-huil-oomblikke gesorg.

Die jaar in Viëtnam het my baie geleer. Ek het ongeloofli­ke mense ontmoet en baie vet geword. Ek het soveel bereik, gesien en ervaar.

Vir die eerste keer in my lewe, op die ouderdom van 35, het ek geen vaste kort- of langtermyn­doelwitte nie. My doel is bloot om te reis, die lewe te geniet en liefde en geluk te saai.

Ek het daarmee vrede gemaak dat trou dalk nie deel is van God se plan vir my nie.

As ek eendag in my eie huis kan woon, na my ouers kan omsien, aan baie weggooihon­de ’n tuiste kan gee en hopelik ’n kind of twee kan hê – al is dit sonder ’n man – dan is my lewe en hart vol. JOHANETTE PELSER

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa