Huisgenoot

’n Leser onthou hoe haar konyne haar en haar bure op hol gehad het

-

het destyds ’n skilpad, Dopper, en twee wit konyne, Wollie en Voetjies, gehad.

Met een van ouma se kuiers het ek besluit om te toets wat die vinnigste is – die skilpad of die konyne.

Ouma was die skeidsregt­er. Ek het die fluitjie geblaas en die drie losgelaat. Die konyne het na die groentetui­n gehol en die skilpad het na die bure se huis gemik. Ouma het Dopper gekeer en ek het agter die konyne aangehardl­oop.

Ons begin toe weer. Die fluitjie is geblaas. Dopper het gaan staan en sy kop ingetrek. Die konyne het weer groentetui­n toe gehol. Ons het besluit dis gelykop.

Een aand het honde die konynhok oopgebreek en die volgende oggend was die konyne skoonveld.

’n Paar maande later was dit net wit konyntjies waar jy kyk. Saans het jy net ogies in die ligte van motors sien blink. Andersins was hulle in die bure se groentetui­n.

Ek het probeer om hulle te vang, maar sonder sukses. Mettertyd het hulle minder geword tot hulle heeltemal verdwyn het.

Óf die honde het hulle geniet óf die bure het pastei gemaak.

Ek sal nooit weet nie. CONNIE MEDLEN

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa