Huisgenoot

EK SAL DINK VOOR EK PRAAT OM ANDER SE GEVOELENS TE SPAAR

-

My enigste voorneme vir 2019 is om ’n wag voor my mond te plaas.

Dan sal ek mense nie meer seermaak nie, verhouding­s sal nie verbrokkel nie, en ander se selfbeeld sal nie skade ly nie.

Die belangriks­te van alles is dat my huweliksma­at nie voor my oë sal krimp weens dit wat ek haar toesnou nie. My kinders sal begin voel hulle is goed genoeg, en diegene wat vir my werk, sal in hulself begin glo.

As ek begin om te dink voor ek praat, sal ek opbou pleks van afbreek.

Die verantwoor­delikheid berus by my oor wat by my mond uitkom, want net ek het beheer oor my tong.

Ek moet die insig hê om te weet wanneer om stil te bly. Dis nie vir my maklik nie, maar ek moet probeer. KEMPTON PARK

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa