Huisgenoot

NET OUERS WAT AL ’N KIND VERLOOR HET, KAN VERSTAAN

-

Dit was ons sesde Kersfees sonder ons lieflingdo­gter.

Nes die Brinkgesin wat hul kinders verloor het (Ons troos in die seer, 27 Desember), het ons in April 2012 ons enigste dogter verloor. Sy was skaars 25 jaar oud.

Haar ma, Rina, lê in die kamer en treur. Nog nie een dag het verbygegaa­n dat sy nie gehuil het nie. Die hartseer het haar heeltemal gebreek.

Haar twee broers hanteer die seer op hul eie manier, maar hulle wys nie hul gevoelens nie.

Nadat ek Danie Brink se storie gelees het, het ek besef baie ander mense het net soveel hartseer soos ons, indien dit nie selfs meer is nie.

Om ’n ouer, broer of suster te verloor is erg genoeg. Ek het dit al beleef. Maar om jou kind te verloor is ’n hartseer wat net iemand wat al daardeur is, kan verstaan. ALEX SWANEPOEL, MBOMBELA

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa