Huisgenoot

HUISGENOTJ­IES

-

GROOT DAG

Pa: “Seun, laat my toe om jou geluk te wens met die wonderliks­te dag van jou lewe. Ek is seker jy sal hierdie dag nooit vergeet nie.” Seun: “Baie dankie, pa, maar my troue is eers môre.” Pa: “Ja, ek weet.” BREDELL VILJOEN

DUIMRY

Gaffie laai ’n ryloper op. “Dankie,” sê die ou, “maar hoe weet jy ek’s nie ’n reeksmoord­enaar nie?”

“Nee wat, ek is nie daaroor bekommerd nie,” lag Gaffie. “Die kans is baie skraal dat daar twee reeksmoord­enaars in een motor sal wees.” DANIEL BILLET

PA SE KIND

“Pietie, my kind, elke keer dat jy so lelik praat, gaan koue rillings langs my ruggraat af,” raas ouma.

“Sjoe,” sê Pietie, “dan moet ouma vir pappa hoor. Ouma sal sommer verkluim!” ALTA OOSTHUIZEN

BESTE VOETJIE

V: Hoe weet die kinders wanneer daar gaste by die huis is? A: Want dan lag ma vir pa se grappe. KASOEPIE

GESOGTE MAN

Koos sê vir sy baas hy eis ’n verhoging, want daar is drie maatskappy­e wat hom soek.

“En wie soek jou nogal?” vra sy baas verbaas.

“Eskom, Vodacom en die Stad Kaapstad,” antwoord Koos. F.H. HORNE, HARTENBOS

MAKLIKE KEUSE

Op ’n vliegtuig vra die vlugkelner vir ’n passasier: “Wil jy aandete hê?” “Wat is my opsies?” vra die man. Die kelner antwoord: “Ja of nee.” LOUISE NOETH

BEKENDE FAMILIE

Santie: “Het jy enige beroemdes in jou familie?”

Mike: “Ja, my oupa. Hy was die miljoenste besoeker aan die Eiffeltori­ng in Parys.” DENISE, PRETORIA

PRAATSIEK

Wat kry jy as jy ’n haai en ’n papegaai kruis?

’n Dier wat jou kop van jou lyf af praat! HESTER, NAMIBIË

GEWILDE SPORT

Baie mans bo 40 speel jukskei.

Eers juk hulle, dan skei hulle. L. SAAYMAN, SABIE

KLEIN TAKHAAR

Die oom uit die platteland moet ’n pakkie vir sy kleinneef by die universite­it in die stad gaan aflaai. Hy kom by die koshuis aan en vra die naaste ou: “Ek soek vir Wouter van der Merwe. Hy is familie van my, maar ek het hom laas gesien toe hy ’n klein seuntjie was. Ek sal hom nie nou meer herken nie. Hoe lyk hy nou?”

“Ja, oom, ek ken hom,” sê die student.” Hy het so ’n wilde bosbaard en ’n poniestert.”

“Regtig?” vra die oom geskok en sê toe: “Maar ons is darem net baie verlangs familie, hoor!” ANTON VAN RENSBURG

ROKER MAAK ’N PLAN

“Waarom rook jy so ’n langsteelp­yp?”

“O, die dokter het gesê ek moet ver van tabak af wegbly.” HELENA, KEMPTON PARK

LEWENSLES

Sondagskoo­ljuffrou: “Jannie, watter les kan ons uit die verhaal van Dawid en Goliat leer?” Jannie: “Jy moet koes vir ’n klip, juffrou!” ALTA OOSTHUIZEN

KOPDOKTER

Hoe ken jy ’n sielkundig­e in ’n nudistekol­onie uit?

Dis die ou wat luister pleks van kyk. LITA SCHOON

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa