Huisgenoot

SPELETJIES VAN 2018

– EN VANJAAR SE WITWARMMNU­WELINNUWEL­INGE GE

- Deur GARETH SEILER & AZEEMUD-DEEN JACOBS

2018 was ’n skitterend­e jaar vir videospele­tjies, met ’n paar groot bekendstel­lings. Hier is 10 van ons gunsteling­e 1. God of War (slegs PS4)

Die speletjie is vroeg verlede jaar uitgereik en daarom sou ’n mens dit maklik kon vergeet. Maar dis onmoontlik om daarmee fout te vind. Die grafika, speel-ervaring en storie in God of War is uitsonderl­ik en dit was van die begin tot die einde ’n absolute vreugde om te speel.

2. Call of Duty Black Ops 4 (PS4, Windows, Xbox One)

Black Ops 4 herinner ons hoekom Call of Duty die kragtige speletjier­eeks geword het wat dit vandag is. Hierdie jongste uitreiking is op alle vlakke puik. Dit is tot dusver die beste speletjie in die reeks.

3. Forza Horizon 4 (Xbox One, Windows)

Horizon 4 se veranderen­de seisoene, reusewêrel­d en ten volle geïntegree­rde aanlyn spel maak dit uitstekend in ’n genre wat ’n bietjie saai begin raak het. Voeg daarby die groot keuse van motors en weeklikse geleenthed­e, en jy het ’n speletjie wat jy nog lank sal speel.

4. Red Dead Redemption 2 (PS4, Xbox One)

Red Dead 2 stel sy eie voorwaarde­s en volg sy eie pas. Die speletjie se wêreld is ongeëwenaa­r en die aandag aan detail iets wat ons nog nie voorheen gesien het nie.

5. Battlefiel­d V (PS4, Windows, Xbox One)

Battlefiel­d neem ons terug na die slagvelde van die Tweede Wêreldoorl­og en dit stel nie teleur nie. Groot 64-spelergeve­gte, ’n spul nuwe modusse en die belofte van gratis bykomende inhoud in die toekoms maak dit een van ons gunsteling-Battlefiel­ds nog.

6. Hitman 2 (PS4, Xbox One, Windows)

Hitman 2 is die beste Hitman-ervaring en bou voort op die sukses van die 2016-Hitmanspel­etjie. Hiermee verskaf IO Interactiv­e nog meer van die ongeloofli­ke sluipmoord­enaarspeel­ervaring wat ons geleer het om van hulle te verwag.

7. The Forest (PS4, Windows, Xbox One)

Dié oorlewings­peletjie met ’n gruwelgron­dslag is vanjaar op konsole uitgereik. Dit verg van jou om teen hordes kannibaala­gtige wesens sen te oorleef. Dit het ’n goeie storielyn – as jy nie te besig is om die hope vyande af te weer wat jou jaag nie.

8. Marvel’s Spider-Man (slegs PS4)

Dis die beste superhelds­peletjie wat ons in ’n baie lang tyd gespeel het . . . ’n fantasties­e oop wêreld wat lewendig voel, ’n afwisselen­de speelervar­ing en ’n fantasties­e storie wat vir ’n slag nie net ’n oorsprongv­erhaal is nie.

9. Monster Hunter World (PS4, Windows, Xbox One)

Monster Hunter het op die Nintendo 3DS uit sy kettings losgebreek en op ’n skouspelag­tige wyse sy weg na die huidige generasie konsoles gevind. Monster Hunter World is alles waarvoor ons in ’n Monster Hunterspel­etjie kon vra.

10. Pokémon Let’s Go Pikachu en Let’s Go Eevee (slegs Nintendo Switch)

Pokémon se eerste hooftitel wat op die Nintendo Switch uitgereik is, stel nie teleur nie. Dit is ’n wonderlike onthoureis vir aanhangers van die oorspronkl­ike groen-en-geel weergawes van Pokémon, en ’n lekker plek vir nuwe Pokémon-aanhangers­g om aan boord te kom.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa