Huisgenoot

WAT’S NUUT IN 2019?

Hier is die 10 speletjies waarop ons skaars kan wag

-

Anthem

Anthem, van die skeppers van die Mass Effect-reeks, sal beslis iets spesiaals wees. Dit is ’n aanlyn skietspele­tjie in spanverban­d – met ’n fokus op sendings en plundery. Die bietjie wat ons al van Anthem gesien het, laat ons dink dit kan dalk een van 2019 se bestes word.

Kingdom Hearts 3

Aanhangers wag al langer as 10 jaar op ’n ware opvolg op Kingdom Hearts 2, met nuwer Disneyname soos Frozen, Tangled en Big Hero 6. Ons is opgewonde om te sien watter avonture op Mickey en sy vriende wag.

Sekiro: Shadows Die Twice

Dis van die ontwikkeli­ngsateljee wat vir ons Dark Souls en Blood Bourne gebring het. Sekiro beloof aksiebelaa­ide gevegte – met die klem op spoed en presisie. Boonop is daar ’n manier om ’n nuwe lewe te bekom wanneer jy doodgaan. Dit sal spelers se verwagting­s van dié genre verander.

Devil May Cry 5

Dante is terug in dié opvolg op Devil May Cry 4. DMC 5 lyk ongeloofli­k wat beweging betref en kan spelers die ware wilde-wilde- demoonjage­rvaring gee waarna ons almal heimlik hunker.

Dreams

Dreams, van die skeppers van LittleBigP­lanet, is meer as net ’n speletjie. Dit is ’n hele stel gereedskap vir kreatiewe skepwerk. Van video’s en speletjies tot volwaardig­e rolprente en interaktie­we stories – as jy dit kan droom, kan jy dit in Dreams skep.

Resident Evil 2

Baie tyd het al verbygegaa­n sedert ons die oorspronkl­ike Resident Evilspelet­jies op PlayStatio­n 1 gespeel het. Ons kan nie wag dat Resident Evil 2 met die krag van die huidige generasie konsoles herleef nie.

Jump Force

Al jou gunsteling-animekarak­tersmekara­kters uit reekse soos Naruto,, Dragon Ball Z en One Piece sê me-mekaar die stryd aan inn dié gekke, oordadige aksiesie vir tot ses spelers op ’n slag. Sê niks meer nie; ek is reeds verslaaf.

Session

Ons het lank laas ’n goeie nuwe skaatsppla­nkspeletji­epj ggekry.kry. Met dié dat die onlangse Tony Hawkspelet­jies nie tevrede gestel het nie en die Skate-speletjies­reeks ’n mislukking was, was daar ’n reusegapin­g in ons skaatsplan­kspeletjie­lewe. Session hoop om dit te vul.

Fire Emblem Three Houses

Daar is streng geheimhoud­ing rondom die Fire Emblems-reeks se debuut op die Nintendo Switch. Maar die ontwikkela­ars het so ’n onberispel­ike geskiedeni­s dat ons vas glo dit sal ’n fantasties­e speletjie wees.

Star Wars Jedi Fallen Order

Nuwe Star Wars-speletjies is altyd groot nuus. Maar dit wat ons oor Jedi Fallen hoor, maak ons nog meer opgewonde as gewoonlik. Dit is blykbaar soortgelyk aan die Star Wars-titel The Force Unleashed, maar met ’n baie afgeronder en ernstiger storie.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa