Huisgenoot

WOESTYNMEN­SE

-

Al is woestyne onherbergs­aam, is daar etniese groepe wat daar kan oorleef. Hulle is groepe mense wat moet rondtrek op soek na plekke met water en kos. Dit is ’n baie moeilike bestaan om in so ’n snikhete en dorre omgewing te leef en woestynmen­se moet groot gevare trotseer, byvoorbeel­d roofdiere en sandstorms.

’n Paar van hierdie vernuftige groepe is die San in die Kalahari, die Berbers van Noord-Afrika, die Bedoeïene van die Arabiese woestyn en die Australies­e aborigines. Hulle ken die woestynpla­nte en weet waar om water te kry. Hulle is ook goeie jagters.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa