Huisgenoot

DIERE

-

Woestyndie­re soos die kameel is aangepas om in warm toestande te oorleef. Hulle le kan met min water oor die weg kom en kan n ver trek om by ’n oase (’n woestynned­ersetting ng met water) uit te kom. Talle woestynbew­oners oners kry al hul nodige water uit die kos wat hulle le vreet. Roofvoëls en akkedisse se prooi bied hulle genoeg vog; ander diere kry dit net uit sappige plante.

Diere wat in die woestyn voorkom, kan gewoonlik hul temperatuu­r reguleer sonder om water in die vorm van sweet te verloor. Een manier om dit te doen is deur ’n gat te grawe om in te skuil. ’n Lêplek sowat 40 cm onder die oppervlak is uitstekend teen hitte en koue geïsole leer. Die temperatuu­r daarbinne bly betreklik konstant, selfs al is dit hoe onleefbaar buite. Bek kende grawers van Suider-Afrika is onder meer die aardwolf en ratel van die Kalahari en woestynmui­s van d die Namib se duine.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa