Huisgenoot

FEITE OOR DIE OLIFANT SE SLURP

-

Die slurp bestaan uit senuwees, weefsel en duisende spiere. Dit het twee neusgate aan die punt vir asemhaling en is baie sensitief vir reuke.

Dit is met geboorte klein, maar word binne ’n paar dae langer. ’n Volwasse slurp is tot 2 m lank.

Die slurp word gebruik om voorwerpe te gryp en kan tot 350 kg oplig.

Olifante slurp water daarmee op om dit in hul mond en in warm weer oor hul lyf te spuit.

Hulle span ook hul slurp in om onderwater te snorkel en om modder as sonskerm oor hul lyf aan te wend.

Trompetter­geluide word ook met die slurp gemaak.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa