Huisgenoot

TANDE

-

’n Olifant het 26 tande, insluitend sy lang slagtande. Hy verloor sy maaltande ses keer in sy leeftyd om plek vir groter tande te maak.

Hy gebruik sy lang slagtande om roofdiere af te weer. Die slagtande is van ivoor; daarom word olifante deur wildstrope­rs gejag.

Die slagtande van die Afrika-olifant is sowat 2 m lank en kan omtrent 73 kg weeg. Elke olifant se slagtande lyk anders en ’n mens kan hul ouderdom skat deur die slagtande te bestudeer.

’n Olifant kan óf regs- óf linkstandi­g wees, net soos ons regs- of linkshandi­g is. Die dominante slagtand is gewoonlik meer geslyt.

Die grootste slagtande wat al gevind is, was 3,5 m lank en het 120 kg elk geweeg.

 ??  ?? 1,7 m 3,5 m
1,7 m 3,5 m

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa