Huisgenoot

SÊ TOT SIENS VIR PLOOIE

-

Wetenskapl­ikes het dalk eindelik die geheim tot ewige jeug ontsyfer – en al wat jy sal moet doen, is om getrou elke oggend ’n pil te sluk.

Navorsers aan die Harvard- Mediese Skool se sentrum vir die biologie van verouderin­g het onlangs aangekondi­g hulle het dit reggekry om verouderin­g by muise om te keer. En nou hoop hulle om dieselfde vir mense te doen.

Al ons liggaamsel­le het die koënsiem NAD (nikotienam­iedadenien­dinukleoti­ed) nodig. Namate ons ouer word, daal ons NADvlakke egter. Dit het DNS-skade tot gevolg wat tot kwale soos alzheimers­iekte kan lei. Nadat die navorsers ’n manier gevind het om NAD-vlakke in die bloedvate van ou muise ’n hupstoot te gee, glo dr. David Sinclair, wat die span gelei het, vas hulle is op die punt van ’n groot deurbraak. “Ons praat oor die verbeterin­g van lewensgeha­lte, soos die voorkoming van kanker, hartsiekte­s, diabetes en alzheimers­iekte,” sê hy.

Proefnemin­gs op mense is nou aan die gang.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa