Huisgenoot

Somer en winter vir Ivan en Donnalee

-

Die verloofde akteurspaa­r Ivan Botha en Donnalee Roberts het tydens hul vakansie hul swemklere later vir warm jasse verruil. Eers het hulle in Zanzibar die see en son geniet. Daar het Ivan se negejarige dogter, Amelie, saam met hulle op die suikerwit strande baljaar. Net daarna het die paartjie na die winterwêre­ld van Brugge in België vertrek. Hulle het die skilderagt­ige geskiedkun­dige stad nie net te voet nie, maar ook in ’n koets en deur die stad se water- kanale verken. Natuurlik het die paartjie hulle ook hier aan België s se wafels verlustig. Teen Kersfees het et hulle na Praag, Tsjeggië, gereis, waar aar die ou Praagkaste­el ’n hoogtepunt t was. Hierna het hulle net soos hul karakters Basson en Amory in die rollprent Pad na Jou Hart reggemaak vir ’n Mexikaanse vakansie en vroeg in n die nuwe jaar ’n glasie tequila in Mexiko geklink.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa