Huisgenoot

Hartenbos,Harte jou lekker ding!

-

Die voormalige Mej. Wêreld Rolene Strauss en haar man, die sakeman D’Niel Strauss, bring al jare lank hul somervakan­sies op Hartenbos aan die Suid-Kaapse kus deur. Dis waar hulle mekaar in Desember 2011 in ’n dansplek ontmoet en in Desember 2014 verloof geraak het. Dié somer was hulle weer daar saam met hul seuntjie, wie se naam hulle privaat hou. Die kleinman, wat op 6 Januarie sy tweede verjaardag gevier het, het alte lekker saam met ma en pa op die strand uitgespan. Wanneer die gesin nie op die strand was nie, het die egpaar op Mosselbaai hul staal op die gholfbaan gewys.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa