Huisgenoot

Spierwit winterwond­erland vir die Potgieters

-

Die aktrise Angelique Potgieter en haar rugbyspele­rman, Jacques Potgieter, het teen die spierwit hellings van die Franse Alpe baljaar. Dié belewenis het ’n dogtertjie­droom vir Angelique bewaarheid. “Ek het nog altyd daarvan gedroom om sneeu te sien, en hier is ek op 35-jarige ouderdom waar ek in die suide van Frankryk ski,” het sy aanlyn by ’n foto geskryf. Jacques het verlede jaar ’n kontrak met Toulon in Frankryk gesluit, en Angelique en hul drie kinders, Jacques jr. (2) en die tweelingdo­gtertjies Annabella en Olivia (11 maande), het by hom aangesluit.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa