Huisgenoot

Son, see enen gesinstyd

-

Die sanger Kurt Darren en sy vrou, Dunay van Heerden, het saam met hul twee kinders, Kyrah (3) en Kade (2), die somerson langs die KwaZulu-Natalse Suidkus ingedrink. Kurt het hul wegbreek in die sosiale media as “’n paar superkosba­re dae saam met my engele” beskryf. Die TV-aanbieder Minki van der Westhuizen en haar man, Ernst Joubert, en hul drie dogters, Katerien (5), Elise (4) en Elsa (10 maande), het ook by die see vakansie gehou. Wanneer die egpaar nie skemerkelk­ies geniet het nie, het hulle saam met hul dogtertjie­s op Hermanus se strande baljaar. Die mooie Minki het die kans by die see gebruik om in verskeie baaibroeke te spog.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa