Huisgenoot

Cassie se nuwe kêrel

-

Sean “Diddy” Combs (49) het ’n moeilike paar maande agter die rug. Hy het opgebreek met sy jare lange meisie, Cassie Ventura, en die ma van vier van sy kinders, Kim Porter, is onverwags oorlede.

Dinge het nog moeiliker geraak toe Cassie (32) onlangs foto’s deel van waar sy haar nuwe kêrel, Alex Fine (25), soen. Sean het nogal vir Alex as haar persoonlik­e afrigter aangestel toe hulle nog saam was.

“As daar iemand is wat weet hoe absoluut verpletter Diddy sedert Kim se dood is, is dit Cassie. Hy kan nie glo sy voel dit is nodig om foto’s saam met haar nuwe ou te plaas nie,” sê iemand in die binnekring.

Volgens bronne na aan die musiekmagn­aat is Diddy oortuig die twee het die kat in die donker geknyp voor hy en Cassie se paaie verlede jaar geskei het.

“Cassie wou ’n persoonlik­e afrigter hê, toe stel Diddy vir Alex aan,” sê die bron.

“Toe begin Cassie en Alex uitgaan voor haar verhouding met Diddy verby was.”

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa