Huisgenoot

EKS SKEP VALSE HOOP BY KROOS

-

Van my kinders bly glo ek en hul pa sal dalk weer by mekaar uitkom nadat ons verlede jaar geskei is. Dis nie moontlik nie, want te veel water het al in die see geloop. Ons deel toesig en hy kry hulle dikwels te sien en plant dan saadjies dat daar nog ’n kans vir ons twee is. Ek glo ’n mens bewys kinders ’n onguns as jy valse hoop by hulle skep. Hoe kry ek hom sover om hiermee op te hou? Ons praat nie juis met mekaar nie.

N op T

Wanneer ouers as ’n span saamwerk om hul kinders op te voed, voel die kinders veilig en geborge. ’n Egskeiding beteken dikwels vir die kinders daar is nie meer spanwerk en liefde nie. ’n Doeltreffe­nde mede-ouerskapsp­lan met bepalings oor onder meer gedeelde toesig kan dié uitdaging die hoof bied.

Vir die kinders is dit ’n reuse-uitdaging om skielik by twee huishoudin­gs aan te pas. Al verander hul leefstyl, beteken dit nie hulle gaan ongelukkig of onversorg wees nie. Dra hierdie gedagte duidelik aan hulle oor en wees altyd so eerlik moontlik met hulle. Stippel dit op ’n ontspanne manier uit dat jy en jou eks nie jul verhouding gaan herstel nie, maar die beste mede-ouers gaan wees wat hulle kan kry.

Voeg dan die daad by die woord. Om as ’n gesin byeen te kom vir ’n verjaardag en saam geskenke oop te maak kan verwarrend vir kinders wees. Moenie uitstappie­s as gesin onderneem of ou tradisies bly volg nie. Skep nuwe tradisies soos DVD-aande in jul pajamas met springmiel­ies in een groot krismisbed.

Kinders wonder ook voortduren­d wat volgende in hul lewe gaan gebeur. Dit is noodsaakli­k om vakansies en naweke by die ander ouer duidelik op ’n kalender te merk waar hulle dit kan sien.

Al wil jy nie met jou eks gesels nie, is dit noodsaakli­k dat julle kommunikee­r. Doen dit deur vir hom e-pos, stempos of WhatsApp-boodskappe te stuur. Wees saaklik en bespreek net een onderwerp op ’n slag. Vra hom ook om nie jul kinders sy boodskappe­rs te maak nie, maar regstreeks met jou te kommunikee­r.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa