Huisgenoot

VIND G’N GELUK BY WERKLOSE MEISIES NIE

-

My pelle begin nou trou. Ek gaan al 10 jaar aan en af met meisies uit, maar niks werk eintlik uit nie. Ek kom nou agter die meeste van die meisies was werkloos. Beteken dit iets? W, SMS As ’n reeks verhouding­s almal dieselfde patroon volg, het dit dikwels met ’n diepliggen­de onvervulde begeerte te make. Jy bly by dieselfde put drink, al word jou dors nie daar geles nie.

Moontlik glo jy steeds – strydig met alle moderne neigings – die man moet die broodwinne­r wees en soek jy verhouding­smaats uit wat by daardie prentjie sal inpas.

Jy is dalk ook iemand wat graag jou vrou wil onderhou en versorg omdat jy so grootgemaa­k is.

Dit kan ook wees dat jy dit geniet as ’n verhouding­smaat afhanklik van jou is.

Dit gee jou dalk meer selfvertro­ue, ’n magsposisi­e en die gevoel dat haar wêreld net om jou draai.

As jy vir ’n slag met ’n vrou uitgaan wat haar eie geld verdien, kan dit jou mening verander oor wat jy werklik in ’n verhouding­smaat soek.

Vir ’n emosioneel volwasse man sal so ’n vrou glad nie ’n bedreiging wees nie.

Kies ’n slag ’n metgesel vir ’n afspraak wat met ’n volgende aandjie uit die rekening vir julle albei kan betaal en kyk hoe dit jou laat voel.

Al sal dit dalk spanning by jou veroorsaak, kan dit ’n manier wees om die kringloop te verbreek.

En loop maar lig vir troukoors; dit kan aansteekli­k wees . . .

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa