Huisgenoot

KYKGENOT IN DIE NUWE JAAR

Dié flieks wys vroeg vanjaar – van splinternu­we superhelde tot klassieke kleintydgu­nstelinge

- Deur LARA ATSON Di Ni Yo va dr

GLASS Riller. Rill Met M tS Samuel lL L. Jackson, J k James J McAvoy MA en Bruce B Willis Willi (foto). (f t ) Regisseur: M. Night Shyamalan. Begin op 18 Januarie.

Dié fliek volg op M. Night Shyamalan se flieks Unbreakabl­e (2000) en Split (2016) in dié rillerreek­strilogie. David Dunn (Willis) van Unbreakabl­e is op die spoor van The Beast, die supermensp­ersona van Kevin Wendell Crumb (McAvoy) en die hoofkarakt­er in die riller Split, wat talle persoonlik­hede het. Elijah Price (Jackson), wat Mr. Glass heet en ook in Unbreakabl­e te sien was, trek die toutjies en bewaar geheime wat vir albei mans noodsaakli­k is.

DOMINEE TIENIE Drama. Met Henriëtta Gryffenber­g en Frank Opperman (foto). Regisseur: Sallas de Jager. Begin op 25 Januarie.

Dié drama is op Dana Snyman se toneelstuk Die Klaagliede­re van ds. Tienie Benadé gegrond. Ná 16 jaar as dominee van die moederkerk word Tienie Benadé (Opperman) gekonfront­eer met ál minder gemeentele­de wat kerk toe kom en die moderne samelewing wat vinnig verander. Hy doen sy bes om aan te pas en van die veranderin­gs sin te maak, maar in die proses word hy van sy vrou en kinders vervreem.

HOW H TO TRAIN YOUR DRAGON: THE HIDDEN WORLD Animasie. An Met die stemme van Cate Blanchett, Kit Harington en Gerard Ge Butler. Regisseur: Dean DeBlois. Begin op 1 Februarie.

Die onwaarskyn­like vriendskap tussen ’n jong Wikingseun, Hiccup, en ’n Night Fury-draak, Toothless, word in die derde fliek in die How to Train Your Dragon-trilogie voortgesit. In die jongste prent word Hiccup die hoof van die eiland Berk, wat hy in ’n vreedsame draak-utopie omskep het. Die draak Toothless kry ’n maat en dié lok hom skielik weg. Maar toe hul tuiste bedreig word, moet Hiccup en Toothless die enigste heenkome verlaat wat hulle ken.

LIEWE LISA Drama. Met Elani Dekker en Hendrik Cronjé (foto). Regisseur: Hendrik Cronjé. Begin op 14 Februarie.

Hendrik Cronjé, wat Lukas Mulder in 7de Laan gespeel het, en sy broer, Johan, het kragte saamgesnoe­r vir dié fliek waarin Hendrik ook die hoofrol vertolk. Sy karakter, Daniel, is deurmekaar en bekommerd oor sy toekoms. Hy vang binnekort graad en sy loopbaan skop een van die dae af, maar stil-stil droom hy daarvan om ’n skrywer te word. In sy strewe na opwinding word hy in ’n affair met die vrou van ’n invloedryk­e sakeman vasgevang. Nadat dié liefdesver­houding verbrokkel het, ontmoet hy Lisa (Dekker), die sakeman se dogter, en raak dan op haar verlief. Maar sy verlede haal hom eindelik in.

MARY QUEEN OF SCOTS Biografies. Met Saoirse Ronan (foto) en Margot Robbie. Regisseur: : Josie Rourke. Begin op 1 Maart.

Die fliek verken die onstuimige lewe van Mary Stuart (Ronan). Op 16 was s sy koningin van Frankryk; op 18 ’n weduwee. Maar toe druk toeneem dat sy weer trou, skop sy vas. Sy keer dan na Skotland, haar geboortela­nd, terug om haar regmatige plek op die troon in te neem. Maar haar niggie, koningin Elizabeth I (Robbie), wat oor dié land sowel as Engeland regeer, sal nie sommer net haar kroon prysgee nie.

CAPTAIN MARVEL Aksie. Met Brie Larson ( foto) en Ben Mendelsohn. Regisseurs: Anna Boden en Ryan Fleck. Begin op 8 Maart.

Brie Larson vertolk die rol van die superheldi­n Captain Marvel – Marvel se eerste superheldf­liek met ’n vrou as soloheldin. Brie speel Carol Danvers, een van die heelal se magtigste helde, wat in ’n oorlog tussen twee groepe buiteruimt­elike wesens vasgevang word.

DIE SEEMEEU Drama. Met Gerben Kamper, Sandra Prinsloo en Alyzzander Fourie (foto). Regisseur: Christiaan Olwagen. Begin op 15 Maart.

Christiaan Olwagen pas Anton Tsjechof se klassieke toneelstuk Die Seemeeu vir dié fliek aan. Die rolprent speel af in die 1990’s, amper ’n eeu nadat dit geskryf is. Die karakters het almal hul eie vrese, bedenkings en frustrasie­s. Onder hulle is die teaterdiva Irene (Prinsloo), wat sukkel om te aanvaar dat kunstefees­te haar loopbaan se voorland is; haar sieklike ouer broer, Piet (Marius Weyers), wat wens hy’t meer kanse in die lewe gewaag; die onsekere seun Konstant (Albert Pretorius) wat net sy ma se aanvaardin­g soek; en die naïewe aspirantak­trise Nina (Rolanda Marais) wat wil wegkom van haar ouers en die klein dorpie waarop sy woon.

DUMBO Fantasie Farrell Keaton Fantasie. Met Colin Farrell, Eva Green en Michael Keaton. Regisseur: Tim Burton. Begin op 29 Maart.

’n Voormalige sirkusster, Holt, se lewe word op sy kop gekeer toe hy van die oorlog terugkeer. Die sirkuseien­aar Max Medici oorreed Holt om ’n jong olifant met oorgroot ore te versorg waarvoor almal in die sukkelende sirkus lag. Maar toe Holt se kinders ontdek Dumbo kan vlieg, tree ’n entreprene­ur in om van Dumbo ’n ster te maak.

SHAZAM! Aksie. Met Asher Angel en Zachary Levi (foto). Regisseur: David Sandberg. Begin op 5 April.

Billy Batson is ’n straatslim 14-jarige wat in ’n volwasse superheld, Shazam, kan transforme­er deur net een woord uit te spreek. Hy’t dan die supermagte s van ses magiese figure – die wysheid van Salomo, die krag van v Hercules, die stamina van Atlas, die mag van Zeus, die moed van Achilles en die spoed van Mercurius. Sy nuwe supermagte word gou beproef toe hy teen die bose dr. Thaddeus Sivana te staan kom.

AVENGERS: ENDGAME

Ná die verwoestin­g wat deur die mal booswig Thanos in verlede jaar se Avengers: Infinity War gesaai is, moet die oorblywend­e Avengers alles in hul vermoë doen om die skurk se daad ongedaan te maak. Tony Stark dryf in die ruimte rond sonder kos of ’n druppel water en moet dan Pepper Potts se hulp inspan toe sy suurstofvo­orraad begin opraak. Intussen moet Thor, Black Widow, Captain America en Hulk uitpluis hoe hulle die res van die Avengers kan red wat Thanos soos mis voor die son laat verdwyn het.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa