Huisgenoot

Supersakpa­s VANIELJE-OLIELAAGKO­EK MET VARS VRUGTE

Ná ’n lekker Desemberva­kansie is die meeste van ons platsak. Vervang jou gunsteling­bestanddel­e met goedkoper alternatie­we. Ons wys jou hoe

- Resepte en stilering: ESTHER MALAN Foto’s: JACQUES STANDER

Vervang botter met olie

Botter is deesdae peperduur. Bak eerder ’n koek soos dié met olie pleks van botter. LEWER 1 TWEELAAGKO­EK BEREIDING: 20 MIN. BAK: 30-35 MIN. 4 eiers 250 ml (1 k) suiker 10 ml (2 t) vanielje 180 ml (¾ k) olie 625 ml (2½ k) koekmeel 10 ml (2 t) bakpoeier 2,5 ml (½ t) fyn sout

250 ml (1 k) melk VERSIERSEL 250 ml (1 k) natuurlike volroomjog­urt 60 ml (¼ k) strooisuik­er 250 ml (1 k) room, geklits AFRONDING 4-6 nektariens, in dun skyfies gesny eetbare blommetjie­s (opsioneel) Voorverhit die oond tot 180 °C. Bespuit ’n 25 cmronde losboomkoe­kpan met kossproei en voer die bodem uit met bakpapier. 1 Klits die eiers en suiker saam tot liggeel en donsig. Voeg die vanielje en olie by en klits tot goed gemeng. 2 Sif die meel, bakpoeier en sout saam en voeg om die beurt met die melk by die eiermengse­l. 3 Giet die beslag in die bereide koekpan en bak 25-30 min. of tot gaar en tot ’n toetspen skoon uit die middel van die koek kom. 4 Laat die koek 10 min. in die pan afkoel en keer uit op ’n draadrakki­e. Laat dit heeltemal afkoel en sny die koek in die helfte om twee lae te maak. 5 Versiersel Meng die jogurt en suiker. Vou die room by die mengsel in.

6 Afronding Smeer die helfte van die versiersel op die onderste laag van die koek. Pak ’n laag nektariens­kyfies bo-op. 7 Plaas die ander koekhelfte bo-op en skep die res van die versiersel bo-op. Rangskik die res van die nektariens soos verkies op die koek en versier met die blommetjie­s, indien gebruik.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa