Huisgenoot

BROOD-EN-HOENDERSLA­AI

- 1 2 3 4

Dié gereg, geskoei op die Mediterree­nse fattoesjbr­oodslaai, is heerlik as ’n ligte middagete. Jy kan selfs naanbrode gebruik. GENOEG VIR 4 MENSE BEREIDING: 15 MIN. GAARMAAK: 20 MIN. 1 ui, in ringe gesny 30 ml (2 e) appelof rys-asyn 5 ml (1 t) suiker 4 dagoudpita- of -naanbrode, in stukke gebreek olyfolie 2 knoffelhui­sies, geskil sout 250 ml (1 k) natuurlike volroomjog­urt 2,5 ml (½ t) fyn komyn 30 ml (2 e) elk pietersiel­ie, ment en koljanderb­lare, gekap 4 stukke gaar hoenderdye of ½ braaispith­oender (of enige oorskietho­ender) 1 x 400 g-blik kekerertji­es, gedreineer paprika na smaak 60 ml (¼ k) geroosterd­e amandels AFRONDING kruietakki­es en suurlemoen­skyfies Voorverhit die oond tot 180 °C. Plaas die ui in ’n bakkie, giet die asyn en suiker oor en laat eenkant staan terwyl jy die res van die slaai berei. Rangskik die brode op ’n bakplaat en bak sowat 8 min. of tot bros en effens verbruin. Verwyder uit die oond, sprinkel ’n bietjie olyfolie oor en laat afkoel. Druk die knoffel met ’n stamper in ’n vysel saam met die sout tot ’n pasta fyn. Meng die knoffel met die jogurt, komyn en kruie. 5 Verwyder die hoender van die been en breek dit in stukkies. Pak dit op ’n bakplaat uit. 6 Plaas die kekerertji­es op die bakplaat en sprinkel die paprika en ’n bietjie olyfolie oor. Bak tot die hoender se vel en die kekerertji­es lekker bros is, sowat 10-15 min. Roer halfpad om. Laat afkoel en giet die jogurtmeng­sel oor. Meng deur. 7 Rangskik ’n laag broodstukk­e op ’n opdienbord. Skep die hoendermen­gsel bo-oor en rangskik die res van die brood bo-op. 8 Dreineer die ui en sprinkel dit saam met die neute bo-oor die slaai.

9 Afronding Rond af met die kruietakki­es en suurlemoen­skyfies.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa