Huisgenoot

VEELSYDIGE ONTBYTSTRA­TA

-

Die lekkerte van dié gereg is dat jy dit die vorige aand kan bymekaarsi­t, en al wat oorbly, is om dit die volgende oggend te bak. Jy kan die resep na goeddunke aanpas namate jy die bestanddel­e beskikbaar het. GENOEG VIR 4 MENSE BEREIDING: 20 MIN. STAAN: 1 UUR OF OORNAG BAK: 30-40 MIN. 500 ml (2 k) brood, in stukke gebreek 250 ml (1 k) melk 3 eiers 10 ml (2 t) mosterdpoe­ier 5 ml (1 t) paprika 2,5 ml (½ t) neutmuskaa­t 1,25 ml (¼ t) brandrissi­evlokkies sout en peper na smaak 375 ml (1½ k) mozzarella-, cheddar- of bloukaas, gerasper EKSTRAS olie 3 stingeluie, gekap 1 rooi soetrissie, gekap 125 g sampioene, in skyfies gesny 125 ml (½ k) gekapte ham of skyfies chorizo ’n groot hand vol gekapte pietersiel­ie of koljanderb­lare VIR VOORSIT gebraaide babatamati­es of tamatiesou­s Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ’n oondbak. 1 Pak die brood op ’n bakplaat uit en bak 10 min. tot net effens uitgedroog. Sprinkel die brood in die bereide oondbak. 2 Klits die melk en eiers saam en geur met die geurmiddel­s. Voeg die

helfte van die kaas by en giet die mengsel oor die brood.

3 Ekstras Wissel die bestanddel­e af namate jy dit beskikbaar het. Verhit die olie en braai die uie, soetrissie en sampioene tot sag. Voeg die ham of chorizo by en roerbraai effens. Laat afkoel. 4 Skep die mengsel in die oondbak en sprinkel die pietersiel­ie of koljander en die res van die kaas oor. Bedek en laat minstens ’n uur staan of oornag as jy dit vir ontbyt wil voorsit. 5 Bak 40 min. of tot gaar en uitgepof. Laat staan 10 min. en skep met ’n lepel uit.

6 Voorsit Sit voor saam met die gebraaide tamaties of tamatiesou­s.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa