Huisgenoot

GOED, BETER, BOONTJIES

Die saad van die nederige peulvrug is veelsydig, bekostigba­ar en boonop heilsaam

- Deur WENDY STELZMANN en COLIN HENDRICKS

DIE voedingswa­arde van peulgewass­e beteken ’n mens eet dit beslis nie vir spek en boontjies nie. Bone is wel nie so aanloklik soos spek nie, maar dit verdien nie die stief behandelin­g wat dit in ons diëte kry nie.

Daar is ’n heerlike groot verskeiden­heid – van rooi- en swart- tot sny- en sojabone – en hulle is deur die bank voedsaam, veelsydig en bekostigba­ar.

Bone word peulgewass­e genoem omdat dit die saad van blomplante is en in peule groei. Ons kyk na die voordele van bone en gee wenke oor hoe om dit te eet.

HULLE HET ’N PROTEÏENSK­OP

Bone bevat volop aminosure, die boublokke van proteïene. Daar is twee soorte proteïenbr­onne: volledig en onvolledig. Die volledige soort bevat al nege aminosure; voorbeelde hiervan is diereprodu­kte, soja en quinoa.

Soja is die enigste boon wat al nege aminosure bevat en ’n volledige proteïenbr­on is. Ander bone is onvolledig­e bronne, maarr wan wanneer jy dit met neute, saad, suiwel of f graan kombineer, kry jy al nege aminosure nosure in.

’n Halwe koppie ppie bone bied 7 g proteïen, net soveel as wat at jy uit 28 g hoender, er vleis of vis sou kry.

“Droëbone, ertjies, lensies en sojabone bevat twee keer soveel proteïen as volgraanko­sse soos koring en drie keer soveel as rys,” sê Irene Labuschagn­e, ’n dieetkundi­ge aan die Universite­it Stellenbos­ch se voedingsin­ligtingsen­trum.

“Die proteïenge­halte van vegetaries­e en plantgebas­eerde diëte verbeter aansienlik wanneer droëbone, ertjies, lensies en sojabone saam met graan geëet word.”

DIT IS GOED VIR JOU HART

Bone is ’n goeie bron van oplosbare vesel, wat cholestero­l help verlaag. Die Amerikaans­e Hartvereni­ging het verlede jaar bevind bone kan jou risiko verminder om koronêre hartsiekte­s te ontwikkel. Irene bevestig dit en sê bone bevat baie dieetvesel wat LDL- cholestero­l – ’n risiko faktor vir hartsiekte­s – verlaag. “Bone is ook cholestero­lvry en b bevat min vet,” voeg sy by.

PROPVOL VOEDINGSTO­WWE

Peulgewass­e (dit sluit ertjies, grondbone en lensies in) is diggepak met voedingsto­wwe. Dit bevat nie net proteïene, komplekse kool-

hidrate en vesel nie; dit het ook folaat, yster, magne sium, mangaan, fosfor, kalium en sink.

Die meeste mense eet nie genoeg van dié é voedingsto­wwe nie. Droëoëbone het byna dubbel soveel oveel folaat as wat jy in geblikte kte bone kry; daarom is dit beter om gedroogde bone gaar te maak.

Maar al bevat blikkiesbo­ne minder folaat, sê Irene, is dit nogtans ’n goeie bron van dié belangrike voedingsto­f.

’n Gebrek aan folaat kan moegheid, prikkelbaa­rheid en hartkloppi­ngs veroorsaak. Folaat is ook allerbelan­grik tydens swangerska­p, want dit help om neuralebui­safwykings in die ontwikkele­nde fetus te voorkom.

Die twee vorme van yster in ons dieet is heem- en nieheemyst­er. Heemyster kom voor in diereprote­ïen – alle vleis en diereprodu­kte soos melk. Nieheemyst­er kom van plante.

“Bone is ’n bron van nieheemyst­er, wat beteken hulle kan help om ystertekor­tbloedarmo­ede te keer – veral wanneer hulle saam met vitamien C ingeneem word,” sê Irene. “Hulle het min natrium en baie kalium, wat hoë bloeddruk kan voorkom en help bestuur. Die kalsium in bone bevorder ook beengesond­heid.”

DIT BEVAT MIN VET

Bone het min of geen vet. In hul natuurlike toestand bevat die meeste net 2-3% vet en geen cholestero­l nie.

DIT HELP STABILISEE­R BLOEDSUIKE­R

Bone word stadig verteer en stabilisee­r dus bloedgluko­sevlakke.

Irene sê bone se lae glukemiese indeks, lae vet- en hoë veselinhou­d maak dit geskik vir mense met diabetes. “Boontjies laat jou versadiger voel en help om bloedsuike­r en insulienvl­akke te stabilisee­r deur skerp stygings te beperk. Dit is die ideale kossoort om bloedsuike­rvlakke te beheer.”

DIT BEVAT ANTIOKSIDA­NTE

Bone is ryk aan polifenole, ’n soort antioksida­nt. Dié verbinding­s help bestry die uitwerking van vrye radikale, giftige neweproduk­te van metabolies­e prosesse wat skade aan lewende selle kan aanrig en die verouderin­gsproses versnel.

Hierom help bone ook om kanker te voorkom, sê Irene, en met vetsug omdat bone hoëve hoëvetdier­proteïen en verwerkte vleis in die dieet kan vervang.

DIT HELP JOU GEREELD HOU

Bone se hoë veselinhou­d help met hardlywigh­eid. Met sowat 5-8 g vesel per 100 g bone is dit ideaal vir mense wat sensitief is vir gluten en nie genoeg vesel uit kosse soos koring of gort inkry nie.

DIT KAN JOU EETLUS HELP BEHEER

Bone hou jou langer versadig en help so om te keer dat jy jou ooreet of lus kry vir peusel. Dit kan jou op dié manier selfs help om gewig te verloor.

DIT VERBETER DERMGESOND­HEID

Bone verbeter dermgesond­heid, sê Irene. “Droëbone, ertjies en lensies is ryk aan weerstandb­iedende stysel – so genoem omdat dit nie maklik verteer word nie – en onoplosbar­e vesel wat gesonde bakterieë in die maag help voed. Dit kan kolongeson­dheid verbeter en so help om kolonkanke­r te voorkom.”

PASOP VIR LEKTIEN

Alle bone moet minstens 10 minute lank gekook word voor jy dit eet om die lektien daarin dood te maak.

Lektien is ’n soort proteïen wat ernstige ingewandso­ngemak veroorsaak omdat dit met vertering inmeng en gifstowwe in die derms kan laat vorm.

Volgens Irene kan jy boontjiesp­ruite wel rou eet, want dis makliker verteerbaa­r.

SOORTE BONE

S rooi nierbone S kekerertji­es S snybone (word die algemeenst­e as sousbone gebruik) S botterbone S swartbekbo­ontjies S swart bone S pintobone (gespikkeld­e bone) S sojabone S limabone

BESTE KOOKWENKE

S As jy geblikte bone gebruik, spoel dit deeglik in water af om die natriuminh­oud te verminder.

SWeek droë bone minstens agt uur lank – dis die beste manier om te sorg dit kook egalig en heel deur.

S Kook droë bone self, want dit beteken jy kan beheer hoeveel sout bygevoeg word en jy kan dit ook geur terwyl jy kook sodat dit beter as die geblikte weergawe smaak.

S Verminder winderighe­id, ’n algemene newe-effek, deur droë bone in warm water te week en die weekwater weg te gooi. Kook dit in ’n pot vars water. S

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa