Huisgenoot

SIEKES ’N SWAAR LAS VIR STEUNPILAA­R

-

Ons het ’n kind wat baie siek is en baie van ons verg; daarom werk ek nie. Boonop begin my vrou ook nou weens werkstres met haar gesondheid sukkel. Sy het ’n belangrike werk en is daarby haar familie se steunpilaa­r. Haar ma het onlangs geval en sy sal dalk ’n ruk lank nie kan loop nie. Sy is ’n weduwee en bly naby ons.

My vrou se broer, wat ver van ons woon, is ook siek en sonder ondersteun­ing. Hy wil hê my vrou moet hom by sy huis help aansterk. Hulle het ’n enkellopen­de suster, maar sy is nie betroubaar nie. My vrou weet nie meer wie om te help nie. E op M As broodwinne­r van die gesin, veral as julle hoë mediese koste het, is dit ’n prioriteit dat jou vrou haar werk behou. Daarom moet jy help toesien dat die druk op haar nie te groot word nie.

Dit lyk of jou organisasi­evermoë die spil is waarom baie dinge in die familie draai. Oorweeg dit gerus om tydelik vir jou skoonma ’n versorger vir ’n paar uur elke dag aan te stel. Vra ’n vriendin om haar inkopies vir haar te doen. Probeer jou vrou se suster sover kry om te help deur byvoorbeel­d vir haar ma se vervoer na die hospitaal en dokters te sorg. Herinner haar aan doktersafs­prake.

Stel voor dat jou vrou ’n kort besoek aan haar broer bring en ’n steunnetwe­rk daar vir hom help organiseer. Sy kan liefdevol vir hom uitstippel dat al kan sy hom nie fisiek help versorg nie, sy hom emosioneel kan ondersteun.

’n Chronies siek kind se versorging eis sy tol. Onthou daarom om jouself ook nie af te skeep nie.

‘Kind grootmaak is nie ’n kompetisie met ander nie; beskou jou ouers eerder as vennote’ – ELIZE

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa