Huisgenoot

SY HANDE DWAAL NA SKOONSUS

-

Ek en my man is al meer as 30 jaar getroud. Ons het onlangs by my suster en haar man gekuier toe ek instap en sien my man vryf my suster se kop. Terwyl ons koffie gedrink het, het hy aangehou om haar rug te kielie.

Nadat ons daar weg is, het ek my man hieroor gekonfront­eer, maar hy beweer dit was “niks”. Ek het my suster die volgende dag daaroor uitgevra. Sy was hewig ontsteld en weier nou om met my te praat. Sy is jonger, maerder en baie mooier as ek. T op H As die aanrakings die begin of voortsetti­ng van ’n moontlike flirtasie is, het jou opmerksaam­heid bes moontlik ’n einde daaraan gemaak.

’n Huwelik van langer as drie dekades kan mettertyd ’n geriefsone word waar die huweliksma­ats te gewoond aan mekaar raak. ’n Ligte flirtasie met iemand anders kan dan ’n versoeking word.

As jy nie enige ander bewyse het dat jou man en jou suster in die verlede by mekaar aandag gesoek het nie, is dit beter om op ander maniere te werk aan jou onsekerhei­d oor jou man se getrouheid aan jou en oor jou eie voorkoms. Daar is duidelik onuitgespr­oke mededingin­g tussen jou en jou suster wat jy ook moet verwerk.

Miskien is dit tyd dat jý die kieliewerk begin doen. Aanraking beteken aanvaardin­g. Dit is ’n liefdestaa­l wat veel meer as woorde kan sê. Gebruik dit as jou sterkste wapen.

Mense wat vir mekaar kwaad is, raak mekaar nie meer liefdevol aan nie. Dalk het julle uit onvergewen­sgesindhei­d of bitterheid in hierdie strik getrap. Wanneer huwelikmaa­ts mekaar weer spontaan kan omhels, drukkies uitdeel en hand om die lyf stap, kry die wêreld ’n duidelike boodskap: Ons behoort aan mekaar.

Wag ’n tydjie en nooi dan jou suster vir koffie. Jy hoef nie verskoning te vra oor die voorval nie; dit het immers voor jou oë gebeur. As sy daarna verwys, sê bloot jy en jou man het iets daaruit geleer. Moenie jou huwelik of jou man verder met haar bespreek nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa