Huisgenoot

The Old Man & the Gun

- – BUHLE-BETHU QATYANA

Ware misdaadkom­edie. Met Robert Redford, Sissy Spacek, Casey Affleck en Danny Glover. Regie: David Lowery. 10-12OT.

Waaroor gaan dit?

Die fliek is ’n selfverkla­arde “meestal waar” verhaal oor die gentlemanr­ower Forrest Tucker (Redford), ’n 70-jarige beroep s misdadiger watse s dekade slank in en uit die tronk was.

Ná sy 15de merkwaardi­ge ontsnappin­g uit die tronk, dié keer uit die San Que n tin-maksimum sekuriteit staat sgevangeni­s, ontmoet Forrest vir Jewell Centers (Sissy Spacek) en raak verlief.

Maar die nuwe vrou in sy lewe doen nie veel om sy misdadige neigings te beteuel nie en ’n rooftog saam met sy twee bejaarde handlanger­s (Glover en Tom Waits) trek kort voor lank die besadigde speurder John Hunt (Affleck) se aandag. John is geïnteress­eerd in Forrest se jare lange toewyding aan sy werk en sy vermoë om die publiek en slagoffers met sjarme te oorwin. Hy begin ’n soektog om die driestuks, met die gepaste naam Over the Hill Gang, vas te trek.

Is dit die kyk werd?

Die verhaal ontvou teen ’n rustige pas en word versterk deur stadige en aangrypend­e agtergrond­musiek. Lowery se besluit om Super-16 mm-film eerder as digitaal te gebruik, versterk die rolprentku­ns en verleen ’n grinterige realisme en eerlikheid aan elke toneel. Die fliek hou by die hoofstorie­lyn en word nie gekniehalt­er deur ingewikkel­de ander storielyne nie. Al die karakters aan albei kante van die gereg is aangenaam en elke akteur lewer uitstekend­e spel.

Die fliek, met sy volmaakte balans van drama en komedie, is ’n moet.

 ??  ?? Sissy Spacek en Robert Redford in ’n toneel uit The Old Man & the Gun.
Sissy Spacek en Robert Redford in ’n toneel uit The Old Man & the Gun.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa