Huisgenoot

Gematigde woude

Dié pragtige gebiede verskaf skuiling, kos en hulpbronne aan mens en dier

- ’n Knysna-olifant.

JY HET mos al geleer van die tropiese reënwoude wat in ’n strook by die ewenaar voorkom. Verder weg van die ewenaar – ongeveer halfpad tussen die ewenaar en die pole – tref ons die gematigde woude aan. Dié week fokus ons op hierdie bioom (klimaatstr­eek) waarvan daar ook nog klein gebiede in ons eie land te kry is.

LIGGING

Die gematigde woude kom in plekke soos die ooste van NoordAmeri­ka, die noordooste van Asië asook die weste en ooste van Europa voor. Die rede waarom daar so min gematigde woude in die Suidelike Halfrond is, is dat daar op dieselfde breedtelig­ging as in die Noordelike Halfrond minder landmassas voorkom. Daar is wel in Nieu-Seeland, die ooste van Australië, Suid-Amerika en selfs in Suid-Afrika van dié woude.

Gematigde woude is eenvoudige­r van struktuur as tropiese woude en onderhou minder boom- en ander plantspesi­es. Hierdie woude is deur die eeue afgekap om plek te maak vir plase en sodat die hout gebruik kon word. Deesdae brei dié bioom weer in sommige streke uit danksy bosbou-en bewarings projekte.

KLIMAAT

Die bioom van gematigde woude het vanweë sy breedtelig­ging vier duidelik onderskeib­are seisoene: die lente, somer, herfs en winter. Jy weet seker dat die seisoene deur die effense kanteling van die aarde se as teweeggebr­ing word. Dit veroorsaak dat die son se strale deur die jaar verskillen­de dele van die aarde meer verhit as ander dele. As dit nie die geval was nie, sou die temperatuu­r op elke plek regdeur die jaar min of meer dieselfde gewees het, soos by die ewenaar.

Die gematigde woude kom ook in ’n taamlik nat omgewing voor. Naas reënwoude is die bioom van gematigde loofwoude die reënerigst­e bioom. Die gemiddelde jaarlikse neerslag is 75 tot 150 cm. Die neerslag val regdeur die jaar, maar in die winter val dit dikwels as sneeu. Die gemiddelde temperatuu­r is 10 °C. Die somers is gematig met ’ n gemiddelde dagtempera­tuur van sowat 21 °C, terwyl die temperatuu­r in die winter dikwels ver onder vriespunt is.

SOORTE GEMATIGDE WOUDE

Daar is verskeie soorte gematigde woude. Die eerste indeling wat ons kan maak, het te doen met die aard van die blare. Bome wat hul somerblare in die winter verloor, word bladwissel­ende bome genoem. Dié wat hul blare regdeur die jaar behou, staan bekend as immergroen bome. Nader aan die poolstreke oorheers immergroen naaldbome. Hulle kom veral in die taigabioom voor wat oorgaan in die boomlose toendra. Bladwissel­ende bome kom in die meer gematigde gebiede voor. Daar is ook drie soorte gematigde woude op grond van die bome se groeisels:

Naaldwoude Hierdie soort woude is vol naaldbome soos die sipres, seder, rooihout en verskillen­de soorte dennebome. Dit is alles bome met naaldagtig­e groeisels pleks van blare en hulle het keëls (soos die dennebol) pleks van blomme. Daar is groot naaldwoude wat behoue gebly het in die noorde van Skandinawi­ë, Siberië, die noordweste van Amerika, asook in Kanada en Alaska. Maar selfs in daardie gebiede is min woudstreke wat nog ongerep is.

Breëblaarw­oude Hierdie woude se bome is breedblari­g en sluit in bome soos die eikeboom, esdoring, olm en okkerneut. Dit is bome met groot, plat blare wat die

boom help om soveel moontlik sonlig te absorbeer. Die blare is egter broos en weerloos teen die winterwind, ryp en sneeu. In kouer gebiede verloor breëblaarb­ome hul blare in die winter – dit is wat “bladwissel­end” beteken. In die herfs, voor die blare afval, verkleur hulle in pragtige skakerings van geel, oranje en rooi.

Gemengde woude Dié woude het ’ n mengsel el van naaldbome en breëblaarb­ome.

DIERELEWE

In die herfs gaar baie van die diere soveel moontlik kos op. . Sade hou lank, maar beederfbar­e vrugte soos die meidoring en kruisbessi­e ie word op amper dieselfde tyd d (laat (l ti in die di somer) ryp. Diere eet soveel moontlik daarvan om hul vetreserwe­s op te bou om hulle deur die winter te hou.

Sekere soogdiere slaap regdeur die winter veilig in hul skuiling. Diere soos krimpvarki­es en muise gaan in ’ n ware winterslaa­p in – hul liggaamste­mperatuur daal en hul metabolism­e verlangsaa­m tot die absolute minimum omdat hul vet genoeg is om hulle aan die lewe te hou. Eekhorings, bere en Europese ratels se liggaamst liggaamste­mperatuur val nie drastie drasties tydens hul winterslaa­p nie, maar hulle oorlee leef in ’ n slaperige toest stand waartydens hulle a af en toe wakker is. Die e eekhorings eet dan die okker- en haselneute wat hulle opgegaar het. Diere soos die b beer het ’n dik pels om di die koue af te weer. N Nog ’n oorlewings­trategie is om te migreer. Sekere voëls in d die noorde vlieg na die warmer suide. id Dié trekvoëls sluit die distelvink ( Carduelis carduelis) in wat in Europa voorkom. Roofvoëls soos uile migreer nie, maar valke vang diertjies wat in die winter uit hul skuilplek te vore kom.

 ??  ?? Die omvang van gematigde breëblaarw­oude.
Die omvang van gematigde breëblaarw­oude.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? Bladwissel­ende breëblaarw­oude gaan deur ‘n asemrowend­e kleurwisse­ling in die herfs. Eike- (1) en beukebome (2) is volop in dié woude.
Bladwissel­ende breëblaarw­oude gaan deur ‘n asemrowend­e kleurwisse­ling in die herfs. Eike- (1) en beukebome (2) is volop in dié woude.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? In naaldwoude is bome soos die spar en den (6) regdeur die jaar groen, selfs wanneer dit sneeu.
In naaldwoude is bome soos die spar en den (6) regdeur die jaar groen, selfs wanneer dit sneeu.
 ??  ??
 ??  ?? Die omvang van gematigde dennewoude.
Die omvang van gematigde dennewoude.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa