Huisgenoot

Michael Jackson se ‘slagoffers’ praat in dokkie

- E e ne oe eur m eer

Dit is amper ’n dekade sedert sy dood, maar die popkoning kan steeds die hoofnuus haal soos toe hy gereeld boaan die trefferlys­te geboer het.

Dié keer is Michael Jackson in die nuus oor ’n nuwe dokumentêr wat op die Sundance-rolprentfe­es in Amerika vertoon sal word. Dit bevat nuwe bewerings dat hy jong kinders misbruik het.

Hy is weens soortgelyk­e aantygings in die hof vervolg toe hy nog geleef het, maar is onskuldig bevind.

“Op die kruin van sy roem het Michael Jackson langdurige verhouding­s met twee seuns, sewe en 10 jaar oud, en hul gesinne begin,” lui die oorsig vir Leaving Neverland. “In hul 30’s vertel hulle nou die storie van hoe hulle deur Jackson seksueel misbruik is en hoe hulle dit jare later verwerk het.”

Die identiteit van die mans wat in die dokkie verskyn, is nie amptelik bekendgema­ak nie, maar op ’n foto op die regisseur en vervaardig­er, Dan Reed, se webtuiste verskyn Michael saam met die choreograa­f Wade Robson (36). Wade het in 2013 beweer die sanger het hom gemolestee­r toe hy sewe jaar oud was.

Michael se boedelbest­uurders het Wade sedertdien ’n “meester van misleiding” genoem en die dokkie afgemaak as “net nog ’n afstootlik­e produksie in ’n patetiese poging om Michael Jackson uit te buit en te melk”.

‘Die sogenaamde dokumentêr warm bloot die ou en reeds gediskredi­teerde bewerings op’ – Michael Jackson se boedelbest­uurders

 ??  ?? Wade Robson
Wade Robson

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa