Huisgenoot

KEVIN WYS WEER GESIG

-

In die slottoneel van die fliek The Usual Suspects ontglip die karakter Keyser Söze – briljant vertolk deur Kevin Spacey – die lang arm van die gereg deur kamma mank te loop. Dan begin hy weer normaalweg loop, loer sydelings na die kamera en fluister: “En net so is hy weg . . . ”

Die ware Kevin Spacey kan egter net nie wegbly nie. Ná meer as ’n jaar uit die kollig en met sy reputasie aan flarde weens bewerings van seksuele mishandeli­ng het die ster op Oukersaand weer gesig gewys. In ’n bisarre video wat in die sosiale media gedeel is, hervat hy sy rol as die magshonger politikus Frank Underwood van House of Cards.

“Natuurlik het party mense alles geglo. Hulle het met ingehoue asem gewag dat ek dit alles erken . . . Hulle gaan sê ek is minagtend, dat ek nie by die reëls hou nie. Asof ek al ooit by enigeen se reëls gehou het. Ek het nog nooit. En julle was mal daaroor,” sê hy in die drie minute lange video getiteld Let Me Be Frank.

Interessan­t genoeg is die video op dieselfde dag uitgereik as wat die owerheid in Massachuse­tts aangekondi­g het Kevin (59) gaan van seksuele aanranding aangekla word. Hy het opgewek gelyk toe hy vroeër vandeesmaa­nd uit die hof stap na- dat die regter hom aangesê het om m van ’n tiener weg te bly wat hy glo verlede Julie by ’n kroeg in Nantucket betas het. Die saak is tot Maart uitgestel. Intussen hou Kevin n hom skaars en bly in Baltimore in ’n huis wat aan sy bestuurder, Evan Lowenstein, behoort.

Tog kon die ster nie heeltemal uit die kollig wegbly nie. Hy is onlangs gekiek toe hy vir die paparazzi pizza aflewer – met ’n bofbalpet waarop staan: “Retired in 2017”. Dis vermoedeli­k ’n verwysing na sy loopbaan wat op die afdraande pad is sedert talle jong, manlike akteurs hom verlede jaar van seksuele mishandeli­ng be- skuldig het.

Volgens Howard Bragman, ’n krisisbest­uurkennis van Hollywood, sal Kevin se onlangse publisitei­tsfoefies hom niks baat nie. “Akteurs dink hulle het gekom tot waar hulle is deur slim en sjarmant te wees, terwyl hulle eintlik net hul mond moet hou – en dis die moeilikste ding,” het hy aan The Post gesê.

“Ek kan nie glo Kevin se strafregpr­okureur kan glo dit sal hom help nie. Ek weet nie wat sy bedoeling hiermee was nie. Ek dink nie enigeen behalwe Kevin weet wat hy probeer doen het nie.”

 ??  ??
 ??  ?? BRONNE: PAGESIX.COM, DAILYMAIL.CO.UK, PEOPLE.COM
BRONNE: PAGESIX.COM, DAILYMAIL.CO.UK, PEOPLE.COM
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa