Huisgenoot

VARK PASTEI ROLLETJIES

- (Blaai om)

Vervang bees- met varkfilet

Pleks van die duur Beef Wellington wat van bees gemaak word, kan jy varkfilet vir dié rolletjies gebruik.

GENOEG VIR 4-6 MENSE BEREIDING: 20 MIN. GAARMAAK: 35-40 MIN.

2 x 350 g-varkfilett­e 10 ml (2 t) droë tiemie sout en vars gemaalde peper 15 ml (1 e) olyfolie 15 ml (1 e) botter 2 knoffelhui­sies, fyngekap 300 g spinasie, ontstronk en fyngesnipp­er 1 fetawiel (opsioneel) 1 x 400 g-rol skilferkor­sdeeg 60 ml (¼ k) perskeblat­jang 1 eier, geklits sesamsade (opsioneel)

VIR VOORSIT

’n sous van jou keuse Voorverhit die oond tot 180 °C. Voer ’n groot bakplaat met bakpapier uit. 1 Geur die varkfilett­e met die tiemie, sout en peper. Verhit die olie in ’n groot pan en braai die filette 1 min. aan elke kant of tot goed geseël. Haal die filette uit die pan en hou eenkant. 2 Verhit die botter in dieselfde pan en braai die knoffel tot geurig. Voeg die spinasie by en roerbraai tot verwelk en tot al die vloeistof weggebraai is. Krummel die feta oor die spinasie, indien gebruik. Geur met sout en peper na smaak. 3 Rol die skilferkor­sdeeg liggies op ’n meelbestro­oide oppervlak uit en halveer die deeg. 4 Smeer albei helftes ruimskoots met die blatjang, maar hou ½ cm reg rondom elke stuk deeg skoon. Pak die spinasie in die middel van elke stuk deeg. 5 Plaas ’n filet op elke helfte bo-op die spinasie. Rol elke filet styf toe met die deeg en seël al die kante goed. 6 Pak die filette op die bereide bakplaat en verf liggies met die eier. Sprinkel die sesam oor, indien gebruik. Bak 20-25 min. of tot die deeg goudbruin en gaar is. 7 Vir voorsit Sny die pas- teie in porsies en sit voor saam met ’n sous van jou keuse.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa