Huisgenoot

LENSIE-PIZZA

-

Vervang maalvleis met lensies

Hierdie geurige lensiestow­e kan selfs gebruik word vir pasteivuls­els of pleks van bolognese op pasta. GENOEG VIR 6 MENSE BEREIDING: 20 MIN. GAARMAAK: 45 MIN.

PIZZA

1 kg winkelbroo­ddeeg meel, vir rol

VULSEL

30 ml (2 e) olie 1 ui, gekap 2 knoffelhui­sies, fyngedruk 500 ml (2 k) gaar bruinlensi­es 1 x 410 g-blik chakalaka of tamatiesmo­or 1 x hoenderaft­rekselpotj­ie 30 ml (2 e) blatjang sout en vars gemaalde peper hand vol koljanderb­lare, gekap

AFRONDING

150 g cheddar- of mozzarella­kaas, gerasper 2 knoffelhui­sies, in skyfies gesny ’n hand vol kersietama­ties, gehalveer ’n hand vol vars koljanderb­lare

Voorverhit die oond tot 200 °C. Bespuit 2-3 groot bakplate met kossproei en bestrooi liggies met meel.

1 Pizza Verdeel die deeg in 6 gelyke bolletjies. Rol elke bolletjie deeg op ’n meelbestro­oide oppervlak rofweg in ’n

sirkel uit en pak op die bakplate. Prik met ’n vurk en bak 12 min. Haal uit die oond en hou eenkant.

2 Vulsel Verhit intussen die olie in ’n diep pan en braai die ui en knoffel tot geurig. Voeg die lensies en chakalaka of smoor by en verhit. Voeg die aftrekselp­otjie by en roer tot gesmelt. 3 Geur die stowe met die blatjang en laat stadig prut tot die helfte van die vloeistof weggekook is. Geur met die sout en peper na smaak. Verwyder van die hitte en roer die koljander by.

4 Afronding Verdeel die kaas tussen die pizzas en smeer dan van die lensiemeng­sel bo-op. Versprei die knoffel op die lensies en bak 5-10 min. of tot die kaas gesmelt is. 5 Haal die pizzas uit die oond en pak die tamaties bo-op. Besprinkel die pizzas met die koljander, sny in skywe en sit voor.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa