Huisgenoot

KAMMA-PARMESAANP­ASTA

-

Vervang parmesaank­aas met broodkrumm­els

Ons gebruik ’n krummel pleks van duur parmesaank­aas. Dis propvol geur en kan net so deur die pasta gemeng word sonder ekstra bestanddel­e.

GENOEG VIR 4 MENSE BEREIDING: 10 MIN. GAARMAAK: 20 MIN.

500 g spaghetti

KRUMMEL

1 ciabattaro­lletjie, in stukke gebreek 15 ml (1 e) botter 30 ml (2 e) olyfolie 4 knoffelhui­sies, fyngedruk ’n hand vol pietersiel­ie, gekap fyngeraspe­rde skil van 1 suurlemoen 2,5 ml (½ t) brandrissi­evlokkies (opsioneel) sout en vars gemaalde peper AFRONDING sap van 1 suurlemoen olyfolie ’n hand vol vars roketblare suurlemoen­wiggies 1 Bring ’n groot pot gesoute water tot kookpunt en kook die spaghetti tot al dente. Dreineer en hou eenkant.

2 Krummel Plaas die ciabattast­ukke in die bak van ’n voedselver­werker en verwerk tot fyngekap. 3 Verhit die botter en olie in ’n pan en voeg die broodkrumm­els by. Roerbraai 1 min. Voeg die knoffel by en roerbraai tot die krummels goudbruin en die knoffel geurig is. 4 Haal die krummel van die stoof af en meng die pietersiel­ie, suurlemoen­skil en brandrissi­evlokkies deur. Geur goed met die sout en peper. 5 Afronding Skep die spaghetti in ’n opdienbak en sprinkel ¾ van die krummels oor. Geur met die suurlemoen­sap en voeg ’n skeut olyfolie by. Meng alles goed. Besprinkel met die res van die krummels en sit voor saam met die roket en suurlemoen­wiggies.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa