Huisgenoot

HOE BESKERM EK MYSELF TEEN PONZI-BEDROGSKEM­AS?

Pasop vir beleggings­geleenthed­e wat onrealisti­ese opbrengste beloof. Waak teen enige van dié sewe gevaarteke­ns

- JOU GELDSAKE Deur LETITIA WATSON Stuur voorstelle en versoeke na geldsake@huisgenoot.com. E-pos sal sover moontlik in die rubriek beantwoord word en nie persoonlik nie.

MAAK nie saak hoe goed die winste op papier lyk nie, ponziskema­s stort gou in duie en dan verdwyn die swendelaar met jou geld.

Soms sien die owerhede gou ponziskema­s raak en stop dit. Maar selfs al word die meesterbre­in vervolg, het ’n mens geen waarborg dat jy jou geld sal terugkry nie.

Hier is sewe eienskappe waaraan jy ponziskema­s kan uitken.

1 HOË OPBRENGS, MIN RISIKO

Die beloofde opbrengste is gewoonlik onrealisti­es en baie hoër as die opbrengste uit wettige beleggings­produkte, ongeag of dit beloof word as kontant, kriptogeld­eenhede, rente, maandeliks­e inkomste of kapitaalwi­ns.

Vergelyk die rentekoers­e wat dit jou bied met wat oor die algemeen in die mark beskikbaar is. Wettige rentekoers­e is tans rondom 7%. As iemand jou vertel jy kan 30% op jou belegging verdien, moet jy snuf in die neus kry.

Wees hoogs agterdogti­g oor enige “gewaarborg­de” beleggings­geleenthei­d.

2 ONGEREGIST­REERDE BELEGGINGS­KEMAS

Vermy enige skema wat nie by die Gedragsowe­rheid vir die Finansiële Sektor (FSCA) geregistre­er is nie. Registrasi­e bied beleggers toegang tot sleutelinl­igting oor die maatskappy se bestuur, produkte, dienste en finansies.

3 GEHEIME OF KOMPLEKSE STRATEGIE

As jy nie die skema verstaan of behoorlike inligting daaroor kry nie, bly weg.

As jy vertel word die beleggings­model is “te vertroulik” of “te kompleks” vir jou om te verstaan, is daar groot fout.

Swendelaar­s sal jou met wonderlike suksesverh­ale en selfs Bybelverse en geloofsget­uienis probeer verlei. Dis ’n rookskerm wat ’n swak of vae beleggings­trategie moet verdoesel.

Jou vrae word ook dikwels as verspot afgemaak of met allerlei slimstorie­s beantwoord.

4 AGGRESSIEW­E BEMARKING

Ponzi’s steun op die geld van nuwe lede om bestaande lede mee te betaal. As jy baie hard gedruk word om aan te sluit of om meer geld te belê, skort iets. Wettige beleggings­kemas genereer hul opbrengste op bates wat reeds belê is; hulle het nie jou geld daarvoor nodig nie.

5 OPBRENGSTE DROOG VINNIG OP

Die geheim van ’n suksesvoll­e ponziskema is om veral vroeë beleggers goed uit te betaal en daaroor te spog.

Daarna word beleggers aangemoedi­g om hul geld in die skema te laat lê of beleggings te laat oorrol na die volgende maand. So sal hulle kwansuis nog groter opbrengste verdien. Hulle stuur eenvoudige state wat aandui wat jou belegging werd is. Maar probeer jy dit onttrek, kan jy nie . . .

As dit gebeur, kry jou daaruit en meld dit by die owerhede aan.

6 PROBLEME MET PAPIERWERK

Die smouse van dié bedrogskem­as het dikwels nie al die dokumente soos die belegging- en finansiële state “byderhand” nie.

Moenie enige verskoning­s aanvaar oor waarom hulle dit nie daar aan jou kan toon nie. Wys hulle die deur.

7 MAKLIKE TEIKENS

Senior burgers word dikwels geteiken omdat hulle kapitaal het om te belê vir aftrede en graag die hoogste gewaarborg­de opbrengs wil verdien.

Gieriges en mense wat desperaat vir ’n inkomste is weens byvoorbeel­d hoë skuldvlakk­e of werklooshe­id word ook geteiken.

En natuurlik ook welaf en goedgelowi­ge mense.

Kitsrykdom uit beleggings het geen towerformu­le nie. As dit te goed klink om waar te wees, is dit gewoonlik.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa